20
Mon, May

Chilled Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

In verlede week se “raak die ‘klits’ kwyt” het twee ambassadeurs van die Bergsig Akademie – Nola Kruger en Zandre Schoeman (Mnr en Mej Bergsig 2023) Rustenburgers die lippe laat aflek met hul gebraaide soetrissie-hoenderborsies met die allerlekkerste krakerige Kellogs & krummel-korslaag en dit klink na sommer nog ‘n happie of hoe? Vandeesweek kom die twee se varsgemaakte Peppermint Crisp-tert aan die beurt en hoewel die resep maar aan die korterige en eenvoudige kant mag klink, moet jy hierdie tert nie onderskat nie. Daar is nie verniet sommer twee botteltjies room (250 ml) onder die bestanddele nie – genoeg vir kietsie om ook na die tyd ‘n lekkie te kry. Soos ons gereeld in hierdie kookrubriek beskryf – om hierdie tert te maak is so maklik soos om uit ‘n boom uit te val. Hoewel dalk nie die goedkoopste waaraan jy kan dink nie, maar boeta – as jy laatmiddag voor die tv jou sit kan kry met ‘n bordjie van hierdie happie, gaan dit ‘n aangename middag wees – al wen of verloor die Stormers ook! Nola en Zandre maak dit soos volg:

Bestanddele:

1 x 500 ml (of 2 x 250 ml) vars room
1 blikkie Karringmelk Treat (amper soos kondensmelk)
2 pakkies Tennisbeskuitjies
1 x lekker groot blok Aeromint sjokolade

Metode:

Klits die vars room tot lekker styf. Skep die karringmelk treat by stywe room en klits verder tot goed gemeng. Pak die bodem van die tertbak uit met tennisbeskuitjies. Skep die helfte van gemengde “beslag” uit op die tennisbeskuitjies.
Pak nou nog ‘n lagie tennisbeskuitjies bo-op die beslag en smeer die oorblywende beslag oor die boonste laag.
Rasper die Peppermint Crisp-sjokolade of breek in klein stukkies bo-oor die beslag. Plaas in yskas vir ‘n halfuur of totdat die tert goed gestol het en dit is gereed om te bedien.