20
Mon, May

Chilled Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Hierdie resep is Marinda du Plessis se oumagrootjie s’n en is heerlik saam met ‘n agtermidddag koffietjie op die stoep. Die melktert is heerlik soet en maklik om te maak. Marinda hou van kook en bak en probeer graag nuwe resepte uit. Sy woon in Klerksdorp.

TRADISIONELE MELKTERT

Deur Marinda du Plessis

Kors
• 4 Koppies meel
• 250 g stork margarien
• 4 eiers
• 10 ml bakpoeier
• 1 ml sout
• 60 ml suiker
• Klits suiker en eiers saam.
• Meng meel, bakpoeier en sout saam, vryf margarien met vingerpunte deur meel, gooi eiermengsel by en knie deeg deur.
• Rol uit met koekroller.
• Plaas in pan en druk gaatjies in die deeg.
• Bak vir 15 tot 20 min in oond teen 180 °C.
• Hierdie resep is genoeg vir 7 foelie pannetjies of een groot tertpan.
Vulsel
• 10 koppies melk
• 4 eiers
• 120 ml maizena
• 1 ml sout
• 10 ml vanielje
• 125 ml meel
• 60 ml stork margarien
• 625 ml suiker
Metode
• Klits eiers, suiker en vanielje saam.
• Meng meel, maizena en sout saam. Voeg nou alles saam en meng goed.
• Verhit die melk tot kookpunt.
• Gooi mengsel in, roer deur tot begin dik word.
• Haal af van die stoof en gooi in tertpanne.
• Strooi kaneel oor.
• Hierdie resep kan 5 gewone foeliebakkies vul of een groot tertpan.