20
Mon, May

Chilled Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

‘Pots de crème’ se vertaling uit Frans beteken letterlik ‘potjies room’. Dié naam vertel egter net ‘n halwe waarheid aangesien dit nalaat om aan te dui dat die smaak absoluut hemels is. Die eenvoud van die naam is egter ‘n ware aanduiding van hoe maklik dit is om hierdie romerige verleiding te maak. Jy het net so klein bietjie geduld nodig, want dis ewe maklik om die nagereg te verongeluk met ‘n té warm plaat en ‘n té warm oond – onthou, haastige hond verbrand sy mond! Sjef Johann Ludick van Under the Cherry Blossom wys dié week hoe om die allerlieflike ‘Pots de crème’ te berei – so in die kol vir Paastyd wanneer sjokolade mos aan die orde van die dag is.

Bestanddele:

Stap 1:
580ml room
250g goeie gehalte donker –of melksjokolade (60-90% sjokolade)
80g suiker
100ml Espresso koffie, aangemaak
2 eetl Frangelico likeur

Metode:

Verhit stadig tot sjokolade gesmelt het terwyl jy deurentyd roer.
Let wel: Die mengsel MAG NIE KOOK NIE.

Stap 2:
6 groot eiergele

Metode:

Voeg by sjokolademengsel en roer deur. Verhit.

Stap 3:
Voorverhit oond tot 155°.
Gooi mengsel in ramikens (genoeg vir 6-8 ramikens)
Plaas ramikens in ‘n oondbak wat met kookwater gevul is en bak vir 45 minute.
Laat afkoel en plaas dan in yskas om deeglik koud te word – minstens drie ure.

Jy kan dié nagereg tot twee dae vooruit maak. Bedek net met kleefplastiek en hou verkoel.