21
Sat, Dec

Confection
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Net soos die onwaarskynlikheid om die mitiese eenhoring te gewaar, is die maak van cake pops vir baie van ons onbeskore... 
Ná ‘n besoek aan Anso Green, het Rustenburg Herald eerstehands beleef watter tydsame proses dié resep is en watter gesofistikeerde oog Anso aan die dag lê om cake pops aan die Rustenburgse mark te lewer. 
Anso het die kuns van cake pops bak vervolmaak en hoewel sy ‘n paar van haar geheime weggegee het tydens ons besoek, is dit duidelik dat haar eenhoring/unicorn cake pops werklik enig in hul soort is en ‘n wilde perd is om op te saal. 
Maar, vir dié van ons wat nie braaf genoeg is om die resep op ons eie aan te pak nie, is daar altyd die opsie om by Green’s Tiny Treats te bestel!

Vir die cake pops
1 Pakkie (500g) kolwyntjie Easy mix

2 Groot eiers
250 ml Melk
125 ml Olie

Vir die versiering
500g Sjokolade

Jellie-lekkers vir die oortjies
Goue versier-balletjies 
Quick paint en swart eetbare koekkleursel (poeier) 

• Skakel die cake pop-maker aan en spuit met Spray & Cook.
• Plaas die inhoud van die Easy mix in ‘n elektriese menger (handmenger kan ook gebuik word).
• Klits die eiers, olie en melk in ’n mengbak saam tot net gemeng.
• Voeg die mengsel by die Easy mix. Meng vir een minuut op hoë spoed.
• Skep die mengel in jou cake pop-maker en bak vir ongeveer vyf minute tot cake pop-balletjies gaar is (effens verbruin).
• Smelt sjokolade en doop stokkies of strooitjies in die gesmelte sjokolade en heg die cake pop balletjies aan die stokkies.
• Los op die stokkie tot sjokolade heeltemal droog is.
• Doop nou die cake pop op die stokkie in gesmelte sjokolade en laat staan om hard te word.
• Indien jy verkies, kan jy die cake pop met eetbare goue poeier verf om die effek te kry dat dit blink. 
• “Gom” met gesmelte sjokolade (versier) die cake pop met oortjies, goue ballejties en verf ogies met swart Quick paint.