20
Mon, May

Cookies
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Abea Ramatisa is die skakelbordoperateur by Klerksdorp Rekord. As ouma hou sy daarvan om die koekblik vol te hou en hierdie resep vir outydse soetkoekies is ‘n gunsteling. Dit maak lekker baie koekies.

OUTYDSE SOETKOEKIES

deur Abea Ramatisa

Bestanddele:
• 5 k koekmeel
• 1½ k margarien, sag
• 2 eiers

• 2 k suiker
• ¾ k melk
• 2½ tl koeksoda
• 2½ tl kremetart
Metode:
• Stel oond 200°C.
• Sif die koekmeel en vryf die margarien met jou vingers in tot dit soos broodkrummels lyk.
• Klits eiers en suiker saam.
• Voeg by meelmengsel. Meng goed.
• Los die koeksoda en kremetart op in melk.
• Voeg by deegmengsel. Roer goed.
• Dit behoort 'n lekker klam deeg te vorm.
• Rol in klein balletjies (bietjie groter as albaster) en pak op gesmeerde bakplaat.
• Druk plat met 'n vurk wat in meel gedruk is (sodat deeg nie vasklou)
• Bak tot ligbruin. Dit is vinnig gaar - so tussen 10-15 minute en maak lekker baie.