20
Mon, May

Cookies
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Ria Ludick is ‘n vrou met hande wat raakvat. 
Sy is nie een wat van stilsit hou nie en eksperimenteer graag wanneer sy in die kombuis is.
Die ruim, koel vertrek is dan ook een van Ria se gunstelingvertrekke in haar mooi huis. Híér voel sy naby haar seun, die baie bekende Sjef Johann, wat vroeër vanjaar onverwags oorlede is.
 “Hier in die kombuis gesels ek tog nog te lekker met hom. 
In die kombuis deel ons twee steeds ons liefde vir bak en kook,” vertel Ria. In die laaste uitgawe van dié jaar bak Ria Griekse Bolletjies – koekies so delikaat dit smelt letterlik in jou mond. 

Bestanddele: 

250g Botter
65g Versiersuiker
1 K Neute (gemeng),fyngekap
1tlp Vanielje
20ml Yswater
2 k Meel, gesif
Knippie Sout
2tlp Bakpoeier
Ekstra versiersuiker om bolletjies in te rol.

Metode:

Meng botter, versiersuiker, neute, vanielje en yswater saam.
Voeg die meel, sout en bakpoeier by.
Meng goed. 
Laat rus vir ‘n uur in die yskas.
Voorverhit oond tot 170° C
Rol bolletjies – min of meer so groot soos ‘n okkerneut.
Pak op bakplaat wat met bakpapier uitgelê is.
Bak vir 10-11 min.
Haal uit die oond en laat effens afkoel.
Rol goed in die versiersuiker sodat die bolletjies deeglik bedek is.
Sit in ‘n houer en los oornag in die vrieskas.