21
Sat, Dec

Pastries
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Germinah Sefatsa is ‘n werknemer by Klerksdorp Rekord en sorg dat almal hul koffie en tee bedags kry en sy maak ook die kantoor skoon. Haar twee kleinkinders woon by haar en sy bederf hulle met lekkernye. Hierdie souttert kan warm of koud geëet word.

deur Germinah Sefatsa

Bestanddele
• 1 blikkie soutvleis (boeliebief) of vleis van jou keuse in klein stukkies gesny
• 1 Pak varkvrye-rooiworsies (of kaasworsies)
• 1 blikkie chakalaka (sterkte van jou keuse)
• 1 blikkie kekerertjies (chick peas) gedreineer
• 1 medium gekapte ui
• 1 pakkie potato bake van jou keuse
• ¾ koppie melk
• 2 eiers
• 1 Koppie kaas

Metode:
• Braai die uie tot amper sag in 'n kastrol en voeg die vleis en opgekapte worsies daarby.
• Braai vir nog 'n paar minute en roer nou en dan.
• Voeg dan die kekerertjies en die chakalaka by en laat prut vir ongeveer 15 minute tot die vloeistof aansienlik verminder het.
• Skep die mengsel oor in 'n oondbak.
• Meng die melk, eiers en potato bake deeglik en giet oor die soutvleismengsel.
• Bak teen 180ºC vir 25 minute.
• Haal uit die oond en strooi die gerasperde kaas oor en sit terug in die oond vir 5 minute.
• Bedien warm of koud met 'n slaai.