20
Mon, May

Pastries
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Daar is seker nie maklik ‘n meer veelsydige gereg in die hele wêreld as souttert nie – dis natuurlik nou as jy darem nie só honger is dat ‘n eenvoudige toebroodjie met een of ander (of baie) vulsel die ding sal moet doen nie.
Maar ‘n mens moet dadelik byvoeg, op ‘n goeie dag, winter of somer, reën of sonskyn, as ‘n mens ‘n bietjie moeite doen kan jy lekkerder smul aan ‘n souttert as omtrent enigiets anders waaraan ‘n mens vinnig kan dink.
Natuurlik kom die “tradisionele” souttert ook in honderde variasies. So, moet nie vra watter een ons vandag maak nie, die oulike twee Smith-sussies van GML Models – Miané en Michelle Smith - maak vandag vir ons hierdie een:

 

Bestanddele:

6 tot 8 eiers
2 uie
3 koppies kaas
2 pakkies spek (bacon) in blokkies gesny
Weense worsies
4 snye brood
1 koppie melk
Pietersielie, sout en peper

Metode:

Begin deur die uie in klein stukkies te kerf en in ‘n pan te braai. Sny of breek terselfdertyd 4 snye witbrood in ‘n vuurvaste oondbak. Voeg die gebraaide uie en omtrent die helfte van die gerasperde kaas asook twee pakkies spekblokkies (bacon) by. Sny sowat vier tot vyf Weense worsies in kleinerige stukkies en voeg by. Voeg die koppie melk by die eiers, klits deeglik, gooi in die bak en meng alles baie goed deur.
Gooi nou die oorblywende helfte van die gerasperde kaas bo-oor en garneer met sout, peper en pietersielie heel bo. Plaas bak in vooraf verhitte oond teen 180°C vir ongeveer ‘n halfuur. Haal uit, laat effens afkoel en bedien. Souttert is ‘n heerlike, volwaardige ete op sy eie maar is veral wonderlik saam met aartappelslaai. Bon appétit!