21
Sat, Dec

Pastries
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Marinda Jonker is ‘n kosentrepreneur. Sy verkoop daagliks klaargemaakte etes in Klerksdorp nadat sy besef het mense hunker na gesonde boerekos, maar weens ‘n gejaagde leefstyl kan hulle dit nie self voorberei nie. Sy deel graag haar resep vir ‘n aspersietert.

ASPERSIETERT

Deur Marinda Jonker

Bestanddele:
• 2 Eetlepels Botter
• 2 Opgehoopte eetlepels koekmeel
• 1 Koppie Melk
• 1 Koppie kaas
• 1 Blik Aspersies
• 2 Eierwitte styf geklits
• 2 Eiergele geklits
• Sout
• Rooipeper

Metode:
• Smelt botter en voeg die koekmeel by.
• Voeg melk en vloeistof van Aspersies by.
• Voeg geklitste eiergele, sout en peper by.
• Haal van stoof af en rasper kaas by.
• Vou eierwitte in.
• Pak aspersies onder as Kors
• Gooi beslag bo-oor
• Bak 3/4 uur in oond op 180oC
• Bedien saam met 'n groenslaai.