20
Mon, May

Pastries
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Nicky Kruger is ma van drie seuns, ‘n onderwyseres, ‘n aktiewe sportvrou én sy is boonop ‘n semifinalis vir vanjaar se Mev SA-kompetisie. “Ons is ‘n gesin wat aan die gang is. Ek, my man, Stefan en die seuns se skedules is propvol. Maar etenstyd is gesinstyd. Ek wil egter ook nou nie ure in die kombuis deurbring nie! So, dié gereg wat ek vir lesers voorberei is my staatmaker tunatert, bedien met ‘n vinnige koolslaai. - Nicky gebruik ‘n voedselverwerker om beide die tert én die slaai te berei.

Tunatert

Bestanddele:
2 x 170g blikke Tuna, gedreineer
1 Ui
1k Kaas, blokkies gesny.
130g Mayonnaise
250ml Melk
3 snye Bruinbrood, in stukkies gebreek
Sout en peper na smaak
Handjievol basilieblare (opsioneel)

Metode:
Voorverhit oond tot 180°

Plaas al die bestanddele in voedselverwerker en meng tot fyn.
Gooi in ‘n oondbak en bak vir 20 min.
(As jy nie ‘n voedselverwerker het nie, snipper die ui en die brood en rasper die kaas. Meng dan alles.)

Koolslaai

Bestanddele:
100g Kool
100g Wortel, blokkies gesny
1 Granny Smith Appel, blokkies gesny
1 Ui, repies gesny
30g Mayonnaise (of bietjie olyfolie aangemaak met suurlemoensap)
Sout en peper na smaak

Metode:
Plaas al die bestanddele in die voedselverwerker, kap so grof of fyn soos verkies.
Skep in ‘n slaaibak en bedien.
(As jy nie ‘n voedselverwerker gebruik nie, rasper al die bestanddele en meng met die mayonnaise/olyfoliemengsel)