20
Mon, May

Shellfish
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Mona Beukes is bekend as die Dance Mouse juffrou in Klerksdorp en het soms te veel balle wat sy in die lug moet hou. Sy is gek oor kinders en hou daarvan om ‘n verskil in die kleingoed se lewe te maak. Sy geniet haar kos met ‘n byt en dink die masala saam met die garnale word goed gekomplimenteer deur die mango.

deur Mona Beukes
Benodig:
• 300g gaargemaakte shrimps (garnale)
• Coconut olie
• 1t Seekos masala-mengsel
• 1t Suiker
• 2e Asyn
• Bietjie wyn
• Gaargemaakte koeskoes met speserye
• Avo

• Mango

Metode:
• Braai die garnale in coconut olie op medium hitte.
• Voeg die masala en suiker by.
• Meng die asyn en wyn by en braai tot gaar en die sous goed bedek is.
• Haal van die plaat af en bedien op die koeskoes.
• Bedien met avo-en mangostukke.
• Garneer met speserye.
• Geniet!