20
Mon, May

Fish
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Nouja, ‘n bietjie oorspronklikheid is altyd ‘n goeie idee en dit is lekker om ietsie nuuts vir ons lesers voor te sit. Asof Valentynsdag vandag (14 Februarie) dit nie moeilik genoeg maak vir ons besige lewens nie, is die uitdaging vir vroue vanjaar ‘n bietjie strawwer want (ons hoop nie jy het vergeet nie?) dit is vanjaar mos skrikkeljaar? In die volksmond het tradisie dit só dat vroue in skrikkeljare die “groot vraag (of die kleintjies?) mag/moet vra en dat hulle op spesiale dae soos Valentynsdag die leiding moet neem in die beplanning van enige paartjie se spesiaalste dag van die jaar. Nou nie dat dit vir Annemarie Roux ‘n probleem is nie – Annemarie is ‘n regte Weskusnooi en gebraaide snoek of geelstert is vir haar die spreekwoordelike vulletjie. Terloops – Annemarie is ‘n Rustenburgse raadslid vir die VF+ terwyl De Wet Nel geen bekendstelling nodig het nie en vir die afgelope jaar of wat reeds vir dieselfde party Lid van die Noordwes-wetgewer is. Ons het die twee gevra wat hulle vir die skrikkeljaar-Valentynsdag gaan maak. 

Garnale (Prawns)

400 g Garnale (Prawns)
1 suurlemoen
2 blikkies tamatiepasta
‘n Halwe koppie tamatiesous
1 Eetlepel paprika
Knoffel
3 Eetlepels heuning

En rooipeper opsioneel, net vir ‘n bietjie byt! Meng alle bestanddele saam met garnale in ‘n bak. Sit op braaistokkies. Braai op die vuur vir 25 min.

Geelstert 

1.2 kg Geelstert
Sout
Peper
Suurlemoen
Olie

Die belangrikste stuk toerusting vir die resep is ’n toeklaprooster – moenie jou laf hou en die vis daarsonder probeer draai nie! Smeer jou geelstert aan beide kante met olie, genoeg sout en peper op die vleiskant van die vis. 
Druk genoeg vars suurlemoensap volgens jou smaak ook oor die vleiskant van die vis. Braai vir 25 tot 30 min op lae hitte-kole! 
Draai gereeld, die velkant van die vis kan maar heerlik plek-plek “brand” - dit dien eintlik slegs as natuurlike “foelie”

Soetpatat

Ek koop gewoonlik oranje soetpatats wat nie te groot is nie sodat elke gas sy eie patat in foelie kan toedraai en tussen die kole op die vuur kan “braai”. 
Onthou om die soetpatats vooraf sonder die foelie in ‘n pot op die stoof sag te kook. Sit dan eenkant tot afgekoel is. Sny bokant van soetpatat oop en skep ‘n teelepel egte salted “butter” daarop - ‘n bietjie heuning daarby is ook heerlik! 
Draai elkeen in sy eie foelie toe, sit dit onder in die kole vir ‘n paar minute en eet saam met jou vis as dit gereed is - heerlik!