20
Mon, May

Fish
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE - VRYBURG: Die Banting-tunabakresep is ‘n maklike middel-van-die-week aandete en kan saam met ‘n slaai van jou keuse of saam met aartappelskyfies bedien word vir minder van ‘n bantingopsie. 
Die tunagereg is ‘n uiters eenvoudige, dog heerlike en romerige gereg. 
Stellalander-redakteur, Charlize van der Linden het by boer Johan Hamman, ‘n kommersiële bees- en wildboer by Broedersput naby Vryburg, besoek afgelê wat dié tunagereg in ‘n japtrap voorberei het nadat sy plaasaktiwiteite afgehandel is. 

Bestanddele:

4 blikkies Tuna in water

1 koppie gerasperde Cheddar- of Goudakaas
1 groot gekapte ui
2 teelepels fyngedrukte knoffel
1 gekapte groenrissie

1 pakkie wit knopiesampioene of 1 blik romerige sampioene
500 ml vars room
8 groot eiers
1 teelepel paprika
2 teelepels brandrissievlokkies
½ teelepel rooipeper
sout en peper
olyfolie

Metode:

• Voorverhit die oond op 180 C. 

• Smeer ‘n middelslag-oondbak met óf botter óf olyfolie.
• Dreineer die water van die tuna en meng die tuna en kaas in ‘n groot bak. 
• Sit die bak eenkant.
Braai die uie in ‘n pan vir 3 – 5 minute.
Voeg die knoffel, groenrissie en sampioene by die uiemengsel en braai tot sag.
Voeg die paprika, brandrissievlokkies en rooipeper by. Braai tot die speserye goed gemeng is.
Voeg die uie, groenrissie en sampioenmengsel by die tuna en kaas. Roer tot goed gemeng.
Meng die vars room en eiers saam en geur met sout en peper na smaak.
Voeg die geroomde eiermengsel by die tunamengsel en meng goed. Skep die mengsel in die gesmeerde oondbak.
Bak vir 30 tot 40 minute, of tot ‘n mes helder uitkom.
Haal tunagereg uit oond, koel af, garneer en geniet saam met ‘n slaai of aartappelskyfies van jou keuse.