20
Mon, May

Fish
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Bonita van der Westhuizen is eerder ‘n sakevrou as ‘n bobaaskok en jy sal haar nie sommer in die kombuis kry nie. Soms is daar ‘n uitsondering – as sy hierdie gesonde visgereg maak of lekker peppermint crisp tert.  Sy is die eienaar van die Ashton John Privaatskool in Klerksdorp.

Kingklip Termodore

deur Bonita van der Westhuizen

Bestanddele:
• 270 g Kingklip (genoeg vir een persoon)
• Botter
• Suurlemoensap
• 4 garnale
• Visspeserye

Sous:
• Halwe koppie kaassous
• Halwe koppie sampioensous
• Halwe koppie knoffelsous
• 50 ml witwyn
• 50 ml vars room

Metode:
• Smelt die botter in 'n pan en voeg suurlemoensap by.
• Braai die vis tot gaar.
• Gooi speserye oor.
• Braai die garnale in botter of olyfolie in 'n aparte pan tot gaar.
• Maak die sous deur al die souse, wyn en room saam te voeg.
• Bedek die vis met die sous en plaas die garnale bo-op.
• Strooi gerasperde kaas oor.
• Bedien met rys, skyfies of gemengde groente.