20
Mon, May

Sauces
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die tradisionele tamatie-en-uiesous is waar die Rustenburg Herald hierdie week sy “Seshabo” reseptereeks weer optel na ‘n kort pouse en dit is hierdie ou legende (amper die “Golden Oldie” van die pap-en-sous familie) wat nou in die kollig is. Die tamatie-en-uiesous is sekerlik die eerste ding waaraan meeste mense dink wanneer daar van pap gepraat word. Dit is ‘n staatmaker by elke braai en min mense sien uit na lekker pape en wors sonder hierdie wonderlike sousie. Hierdie week is dit Rebecca Nhlapo se beurt om haar tamatie-en-uiesous-resep met ons te deel en dit is werklik iets besonders – of dit nou by Saterdag se rugby-braai is of selfs op ‘n weeksaand wanneer die gedagte van droë pap die koppe laat laag hang.  

Bestanddele:

4 groot tamaties, gerasper
1 groot ui, in blokkies gesny
1 pakkie rooi-, geel- en groen-soetrissie, in blokkies gesny
1/4 koppie olie
2 eetlepels Marmite
2 eetlepels bruinsuiker
1/4 koppie tamatiesous
2 eetlepels matige kerriepoeier
1 pakkie bruin uie-soppoeier
1/4 koppie mayonnaise
Sout en peper

Metode:

Verhit die olie in ‘n pan. Voeg die ui, soetrissies, kerriepoeier, bruinsuiker, sout en peper. Kook op die stoof tot sag.
Meng apart die bruin uie-soppoeier, mayonnaise, tamatiesous en 2 eetlepels olie in ‘n bak. Roer totdat dit ‘n pasta vorm.
Meng pasta met ander bestanddele in die pan, verlaag die hitte en laat vir 5 minute kook. Haal van die stoof af en bedien onmiddellik.