20
Mon, May

Thick and/or Creamy Soups
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Sop is nie net vir siek mense nie. Hendrik Coetzer van Stilfontein het uit blote nuuskierigheid die resep vir tamatiesop probeer en maak dit nou gereeld. Sop kan lekker wees. Dié sop, spesiaal met die krakerige broodjies wat hy saam met dit maak, is iets besonders wat hy vinnig winteraande aanmekaar slaan terwyl almal om die kombuistafel kuier.

GEBRAAIDE TAMATIESOP

deur Hendrik Coetzer

Bestanddele
• ± 12 rooi tamaties
• 1 of 2 rooi uie
• 1 teelepel knoffel
• olyfolie
• sout, swart peper
• 1 eetlepel Balsamic Vinegar
• 2 teelepels bruinsuiker
• 1 telepel rooipeper
• 2 blokkies hoenderaftreksel, opgelos in 'n halwe tot een liter warm water
• 250 ml room
Metode
• Week tamaties in warm water sodat die skilletjies kan los kom. Moenie groenerige tamaties gebruik nie, dit is te suur.
• Kry 'n diep oondpan reg vir die sop en braai solank 'n teelepel knoffel en twee groot rooi uie in die pan met bietjie olyfolie (op die stoofplaat).
• Skil die tamaties af en halveer die tamaties en voeg by uie in pan. Braai die tamaties in die oondpan en al sit dit bietjie vas onder in die pan, is dit juis wat die sop sy sy unieke smaak gee.
• Gooi genoeg olyfolie en swart peper by en dan Balsamic Vinegar, suiker en rooipeper.
• Sit die pan in die oond - 180°C. Na 45 minute, haal pan uit oond en gooi die hoenderekstrak wat in kookwater geweek het, by bestanddele in pan. Sit pan weer in die oond vir so 15 minute. Onthou om weer 'n slag te roer. Probeer van die stukkies wat vas begin sit het onder, en langs die kante in die pan, los te maak. Dis juis die lekker daai.
• Persoonlik geniet ek die chunky stukke in die sop. My vrou wil die sop fyn pols tot dit lyk soos restaurantsop. So, na 'n stryery, gooi ek 250ml room in, roer deur, of klits fyn en gooi in 'n opskeppot.
• Los pot op lae hitte terwyl jy die broodjies voorberei.
• Sny 2 dosyn Cony Buns in skuins mote soos vir 'n knoffelbrood. Smeer broodjies met olyfolie en plaas in twee oondplate.
• Meng so 100ml olyf olie en 100ml botter in 'n bakkie met crushed garlic en smeer broodjies albei kante met die olie-mengsel. Sprinkel nou gemaalde growwe seesout oor die broodjies, en draai om, om die ander kant van broodjies ook te sout.
• Bak vir 10 minute in oond so 10 minute op 'n kant. Dit moet crispy/crunchy raak, maar nie heeltemal uitgedroogde beskuit wees nie.
• Geniet saam met vriende om die kombuistafel.