20
Mon, May

Thick and/or Creamy Soups
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Lindie Wrensch is ‘n gemeenskapswerker wat eendag nog die wêreld wil sien, maar vir nou nog eers lekker in Klerksdorp bly. Sy beskryf haarself nie as die ywerigste kok in die wêreld nie, maar sê die pampoensop is die ideale medisyne teen ‘n koue wintersdag.

PAMPOENSOP

Deur Lindie Wrensch

Bestanddele:
• 1.5 kg Pampoen
• 1 Groot ui
• 1 opgehoopte tl fyngekapte knoffel
• 750ml Hoenderaftreksel
• Sout en gemaalde swartpeper na smaak
• Halwe pakkie hoendersoppoeier
• 1 Koppie Room

Metode:
• Kap die ui in fyn stukkies en braai dit saam met die knoffel in 'n groot pot
• Skil die pampoen en sny dit in blokkies
• Voeg die pampoen saam met 500 ml hoenderaftreksel by die ui. (Die ander 250ml water gebruik ek om die hoendersoppoeier mee te meng om later by te gooi).
• Laat die pampoen kook tot als amper sag is - meng die 250 ml met die hoendersoppoeier en voeg dit by. Indien die water lyk of dit dalk te min kan wees voeg ekstra water by.
• Laat alles deurkook tot die pampoen sag is.
• Verpulp dan alles
• Draai die hitte af en voeg die koppie room by.
• Laat dit deurwarm word en bedien.