20
Mon, May

stew meat
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Estie Venter hou van boerekos. Sy werk by Klerksdorp Rekord en is ‘n grafiese ontwerper. Sy beskryf hierdie tamatiebredie as heerlik en vullend en boonop maklik om te maak.

Liplekker tamatiebredie

Bestanddele:
• 2 uie, gekap
• 3kg beeskook of skaapskenkel

• 1 kg wortels, gesny
• 4 Groot aartappels in kwarte gesny
• 1 blik tamaties
• 12g tamatiepuree
• 1 koppie bruinsuiker
• 3 naeltjies
• sout en peper na smaak

Metode:
• Braai uie in kastrol met botter en olie tot bruin.
• Haal uit.
• Braai vleis tot bruin en voeg uie, aartappels en wortels by.
• Laat dit stadig prut tot wortels en aartappels sag is.
• Voeg die res by en laat dit prut tot vleis sag is.
• Bedien met rys en 'n slaai.