20
Mon, May

Chilled Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Nouja, in vanjaar se weeklikse kosmaakrubriek het ons die lekkerste gelos vir heel laaste – ja – vandeesweek is inderdaad ‘n hoogtepunt en ons maak ‘n watertandlekker kersfees-kaaskoek en met die bloubessieseisoen in volle swang – wat is beter as ‘n regte bloubessie-kaaskoek? Die ding van kaaskoek is dat dit nogal ‘n duur storie is. Maar kersfees word nie verniet die seisoen van oordadigheid genoem nie so hier word nie sente omgedraai nie. Ons gasvroue is Heleen Verster en haar getroue regterhand Sanah Sehuno. Onthou dat kaaskoek met ‘n uiteenlopende verskeidenheid van vars vrugte in kombinasie met dieselfde soort geblikte vrugte gemaak - die res van die resep bly onverandered. Jy kan dus besluit op litchis, perskes, appelkose,  pynappel of wat jy ook al verkies om jou kaaskoek mee af te rond. Ons keuse was bloubessies.

Bestanddele:

1 Rolkoek (wat jy sommer kan koop) wat jy as “kors” onder in jou tertbak gebruik. 
1 Blikkie 297ml kondensmelk;
1 Houer (250 g) fyn maaskaas;
75 ml suurlemoensap
1 Blikkie (410 g) bloubessies in stroop en twee handevol vars bloubessies.

Metode: 

Sny die rolkoek in skywe en lê mooi netjies uit in jou 20 x 30cm tertbak. Klits kondsensmelk, maaskaas en suurlemoensap en skep uit op die rolkoek. Dreineer die blikkie vrugte en rangskik op die konsensmelklaag. Meng ‘n bietjie van die vrugtestroop met vlapoeier. Verhit die res van die vrugtestroop en verdik met die mengsel. Skep ruimskoots bo-oor die vrugte. Laat verkieslik oornag afkoel in die yskas en jou bloubessie-kaaskoek is gereed om bedien te word. Voorwaar ‘n heerlike, ryk soetbederf wat baie sal help om enige kersfees onvergeetlik te maak.