20
Mon, May

Chilled Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Daar is min vrugte wat só sinoniem met die somer is as ‘n waatlemoen. Die soet lekkerte is natuurlik selfs soeter - en lekkerder - wanneer dit yskoud bedien word.
Nou dink jou in hoe wonderlik waatlemoen as roomys sal wees! Marnus van Dyk wys hoe jy waatlemoenroomys in ‘n japtrap maak – met net TWEE bestanddele.

Benodigdhede:

Halwe waatlemoen 
1 x blik Kondensmelk 
‘n Menger (verkieslik)

Metode:

Sny die waatlemoen in stukkies en plaas in ‘n houer.
Sit in vrieskas vir sowat twee ure.
Gebruik dan jou menger om die waatlemoenstukke fyn te maak.
Voeg ‘n bietjie water by, indien nodig.
Jy behoort sowat vyf koppies waatlemoen te hê.
Meng die blik kondensmelk by.
Skep in ‘n houer en vries vir twee tot drie ure. 
Jou waatlemoenroomys is reg om geniet te word.