21
Sat, Dec

Confection
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Tiýana Lourens is ‘n tennisliefhebber en hou daarvan om hierdie dadelballetjies te maak wat heerlik en gesond is. Dit is ‘n lekker kosblikhappie en baie maklik om te maak. Sy is ‘n aktiewe meisie wat hou van lag en haar gunstelingkos is sushi.

Deur Tiýana Lourens

Bestanddele:
• 250g ontpitte dadels
•125g margarien of botter
• 1 eier
• 60ml suiker
• 1 pakkie Mariebeskuitjies
• 1 pakkie fyn klapper

Metode:
• Sny die dadels in klein stukkies met ‘n groentemessie op ‘n kapplank.
• Skakel die stoofplaat aan op lae hitte. Smelt die margarien of botter in die kastrol.
• Voeg die dadels by en roer deur tot dit sag is.
• Klits die eier en suiker met ‘n draadklitser in ‘n mengbak.
• Meng dit by die dadels. Haal die kastrol van die plaat af.
• Plaas die beskuitjies in ‘n plastieksak en kap dit fyn met ‘n koekroller.
• Roer dit by die dadelmengsel en laat dit dan afkoel.
• Gooi die klapper in ‘n sopbord uit. Maak balletjies met die dadelmengsel met jou hande en rol elkeen in die klapper.
• Pak dit op ‘n groot bord of kapplank en laat heeltemal afkoel tot dit hard is.