20
Mon, May

Lanklaas het ons so lekker gesmul soos nou die aand toe die Herald se “uitgebreide kookspannetjie” saam met Flip en Lydia Nel om die tafel gekuier het. Dit was die perfekte weer vir pannekoek – soos trouens, seker die afgelope amper 30 dae al indien nie langer nie en Flip en Lydia het die geleentheid behoorlik aangegryp om vir ons te wys watter wonderlike gereg die tradisionele pannekoek kan wees. 
Maar ja, dit was baie duidelik dat hierdie nie die gewone kaneelsuiker-pannekoek was nie. Flip en Lydia het met ‘n verskeidenheid vulsels en smaaklike souse vorendag gekom wat die pannekoek baie gemaklik die gedaante van ‘n styf gevoude strikdas en gourmet-baadjie kon laat aanneem – gepas vir enige geleentheid.

Vir diegene wat dalk nie ‘n lekker pannekoekresep het nie – die volgende:
250ml koekmeelblom; 
5ml bakpoeier;
2ml sout;
2 eiers;

Read more …PANNEKOEKE

Ja, dit is darem amper al weer naweek en terwyl ons nou so gelukkig is om feitlik aan die vooraand van die naweek te wees, moet jy meneer of mevrou of heil die gelukkige leser (wie dit ook al is…) nou dadelik vir ‘n oomblik die koerant neersit en vir jou ‘n skryfding en notaboekie gaan haal. Die kanse is goed dat jy sommer voor Vrydagmiddag ‘n paar inkopies wil gaan doen en trouens, hierdie skrywer wil die volgende sommer met groot oortuiging aanbeveel.
Rustenburg se “kookspannetjie” het onlangs by Wilme Fourie en Rine-Marie Begley van Daan van Straten Ouditeure ingeloer en in ‘n japtrap geleer om sommer self van die lekkerste-lekker lekkergoed waaraan jy kan dink aanmekaar tes slaan. Hierdie Oreo “Delight” as ons hom nou ‘n ander naam kan gee (Wilme en Rine-Marie het dit eintlik Oreo Indulgence” gedoop) is loshande lekkerder as enigiets soortgelyks wat jy van die rak af kan koop en boonop sal jou teegroepie of vriendinne skaars kan glo dat jy hierdie absolute lekkerny sommer hier in jou kombuis opgetower het. Boonop is dit verspot maklik…

Read more …OREO “DELIGHT”

Diegene van ons wat Joubert Reed (Snr) - (voorheen van Rustenburg) ken sal dadelik kopskuddend beaam dat hy maar altyd vir 'n sake-idee op die uitkyk is. Dieselfde gene is natuurlik in klein Joubert (Jnr - agt jaar oud) se bloed. Met pa en ma se hulp het klein Joubert so 'n maand of wat gelede begin om 'n lekkergoed-"nywerheid" met werklik groot potensiaal op die been te bring. Maar 'n aanvoeling vir die sakewêreld is nie al wat Joubert Snr en Jnr in gemeen het nie. Net soos 'n kop vir besigheid, is die liefde vir die grond polsend in hul are en almal sal saamstem dat "Plaasbrak" 'n unieke naam vir 'n lekkergoed-besigheid is. Maar kom ons wed jou, as jy eenmaal jou tande in daardie heerlik-sagte fudge geslaan het, kan jy seker wees dat jy die naam Plaasbrak vir lank sal onthou.
Die motivering agter Plaasbrak-lekkers was om klein Joubert te leer dat geld nie uit die lug val nie en dat 'n mens hard daarvoor moet werk. Joubert doen soos "alle" seuntjies maar los takies en werkies in en om die huis om 'n sakgeldjie te verdien, maar het op 'n dag verder as sakgeld begin dink en toe aan pa en ma begin torring oor hoe 'n besigheid "werk"... Hoewel daar allerlei "ups en downs" en stampe en stote was, is die res geskiedenis soos ons sê en Plaasbrak spog nou al met 'n grimmige knor as ons in die oortreffende trap kan praat...

Een van die grootste suksesse van Plaasbrak, is klein Joubert se fudge wat hy in nie minder nie as vier verskillende variëteite aanbied. Ons het met die proe-slag vir die Reeds gesê dié fudge is van die lekkerste wat ons al ooit geproe het, en nee, ons bak nie hier mooi broodjies nie - ons bedoel dit met alle erns... Hoewel klein Joubert darem net te veel van 'n besigheidstrateeg is om sy sakegeheime te verklap, deel hy darem sy resep vir 'n baie lekker fudge met ons - komaan bederf die kinders en die soettande hierdie naweek by die huis (ja, en hier is ons alweer by die soetgoed).

Read more …‘N “PLAASBRAK” MET ‘N SUIKERSOET-BLAF…

Selfs die pessimiste onder ons sal seker instem dat die winter van 2011 nie meer baie lank kan wees nie en dat ons mense een van die mooi dae weer lekker om die somersvure gaan sit met die tafels wat kreun onder allerlei lekker Suid-Afrikaanse geregte en sommer net immergewilde gunstelinghappies soos sjokoladekoek, koeksisters en dies meer. 
Maar natuurlik, ons besef dat die winter eintlik die ideale tyd van die jaar is om maklik die hele dag deur te peusel en as daar ‘n ietsietjie in die kombuis is wat saam met die 11:00-tee of koffie geniet kan word, soveel te beter. Ons het onlangs ingeloer by iemand wat nogal goed vertroud is met die verskillende seisoene in verskillende wêreldstreke. 
Dia Visser – bestuurder van Rustenburg Travel, is al vir baie jare by die reisbedryf betrokke en was in die vroeë tagtigerjare selfs die eienaar van Rustenburg Travel. Of dit haar werklik “wêreldwys” gemaak het, weet ons nie, maar Dia weet ongetwyfeld hoe om ‘n absoluut heerlike Meringue-koek te bak. 
In hierdie uitgawe van “Raak die ‘klits’ kwyt”, maak Dia vir ons twee heerlike Meringue-skeppings – ‘n Pavlova en ‘n sjokolade meringue-koek…

Read more …MERINGUE

Oor die afgelope klompie weke het Rustenburg Herald se kookspan al te lekker saam met die VLU-dames van Zeerust gekuier en ons het nie minder nie as vier, vyf keer saam met ons gasvroue in hul kombuise gekuier. Ons is baie dankbaar dat die dames van Zeerust en Groot-Marico hulle harte en kombuise vir ons oopgemaak het en ons sluit vandeesweek die lekker Bosveldkuier op ‘n stroopsoet noot af. Die seniorlid van ons Zeerust-uitstappie, tant Judith van Heerden - maak hierdie week vir ons lekker soet koeksisters en wys vir ons dat dit eintlik glad nie so moeilik is om te maak nie. ‘n Mens moet maar net so ‘n bietjie georganiseerd wees en kophou - die res spreek maar eintlik vanself... 
Voor ‘n mens begin om koeksisters te bak, moet jy natuurlik weet dat jou stroop al die dag voor die tyd aangemaak moet word - jy laat dit afkoel en bêre dit in die yskas tot wanneer nodig. Met koeksisterdag maak jy soos volg:

Read more …KONINGSKOEKSISTERS VIR SPESIALE GELEENTHEDE

In Rustenburg en seker die meeste plekke wat min of meer sy naam werd is het gastehuise, bed-en-ontbyt-instellings, hotelle en alles wat net veraf met akkommodasie of spyseniering te make het die afgelope nagenoeg drie jaar soos die spreekwoordelike paddastoele opgespring. Die Platinastad was natuurlik geen uitsondering nie. ‘n Mens wonder egter of alle stede en dorpies waar dié fenomeen algemeen was, met dieselfde uitsonderlike gehalte in die gasvryheidsbedryf kan spog. 
Een hiervan (‘n gastehuis) wat ‘n klompie maande gelede die deure te Kerkstraat 171 geopen het, is Komodo Gastehuis. Of dit bedoel was of nie maar ja, Komodo sluit nogal pragtig aan by aKkoMmODasie en dit is seker wat min of meer by ‘n gastehuis belangrik is of hoe? 
Elk geval – een van die soettand-happies waarop gaste by Komodo vir ‘n bederfie getrakteer word, is maar net eenvoudig almal se gunsteling, of jy van sjokolade of soetgoed hoegenaamd hou of nie! Domenique Barnard van Komodo en haar sjef Paul Fick het te midde van die eendeweer vroeër vandeesweek vir ons gewys hoe om sjokolade-brownies in Komodo-styl te maak. Dit is ‘n uitgemaakte saak dat nie eers Komodo-drakies langtand aan die sjokolade-plesierigheid sal kou nie.

Read more …KOMODO-“BROWNIES”

Ons “Raak die ‘klits’ kwyt”-uitgawe vandeesweek is eintlik heerlik ideaal vir die Desember-skoolvakansie wat nou al in volle swang is en wat vir ons jongklomp sekerlik ‘n welverdiende ruskans bied na nog ‘n besige en opwindende jaar. En as die jongklomp so aan die jol is, is daar maar altyd elke nou en dan ‘n holkol op die maag wat pla en ma, tannie, oumas en dalk sus moet so tussendeur die familiekuiers bonstaan om die kroos aan die gang te hou. Dit is nou natuurlik as die jonges van gees en van lyf nie so vindingryk is om vir hulself die pot aan die kook te hou nie nê?

Maar ons resep vir hiedie week is darem nie net vir jongklomp nie - dit is eintlik iets vir oud en jonk - heerlike suikersoet-klapperyslekkergoed vir daardie bietjie ekstra energie, en vir die hoofgereg of moet ons sê “nagereg” is daar iets wat die grootmense sommer baie van sal hou. Mara Kruger van Koster sê sy ken hierdie heerlike “bolletjies” net as “katkoppe” en hoewel dit nogal grillerig klink is dit baie lekker om sommer so met die hand (dalk saam met ‘n broodjie of ‘n koekie?) te eet. ‘n Ander naam vir die Katkoppe sou eenvoudig “frikkadelle in beslag” wees - dit is regtig al wat dit is - maar verrassend lekker. 
Mara se resep vir die klapperys en die Katkoppe is soos volg: 
Die klapperys is regtig baie maklik en smaak wonderlik vir diegene wat van ‘n soetding met ‘n interessante tekstuur hou. Jy maak so:

Read more …KLAPPERYS EN “KATKOPPE”

Wie van ons is nie absoluut gek oor malvalekkers nie? Nie? Goed, dan hou jy seker van “marshmallows” – noudat die meeste mense weet waarvan ons praat. Daar is iets tradisioneels aan die meeste Suid-Afrikaanse lekkernye – of dit nou biltong, toffie-appels, “fudge”, “klappery-ys” (coconut ice) of wat ook al is. Net so met malvalekkers – wie het nie al laataand saam met die kinders om die vuur gesit en malvalekkers op ‘n stokkie “gebraai” nie? (Wel – ek moet darem sê, hoewel die vuur-ding die meeste van die tyd sommer baie lekker pret is, verkies ek die marshmallows in hul oorspronklike toestand – dit is net asof daar minder “mallow” en meer “mellow” is wanneer die ding op ‘n stokkie gebraai is en op die ou end is jou klere en hande ‘n taai spulletjie – maar ja, vir die kinders is dit seker maar deel van die pret.

Elk geval – in vandeesweek se “kook” span Bronwyn Mienie en ja, glo dit as u wil, haar oumagrootjie (Sunette Botha – ja, Sunette van VLU-faam) in die kombuis saam en maak vir ons heerlike, tuisgemaakte “marshmallows”. En hier is ook ‘n storie. Bronwyn wat op 25 Februarie ‘n volle 12 jaar oud is, is eintlik al lankal besig met ‘n baie spesiale projek. Bronwyn se peetpa, (Danie Coetzee – “Cuzzy”) is verlede jaar aan kanker oorlede en sedertdien maak sy gereeld ‘n “baksel” of twee van ouma se malvalekkerresep wat sy by die skool of sommer enige plek ten bate van Kansa verkoop. 
En moenie ‘n fout maak nie – hierdie marshmallows is heerlik – ons kon onsself omtrent nie bedwing nie en die klompie wat ons saam huis toe gekry het, was nie eens naastenby genoeg nie. Maar nouja, soos die Engelse sê – “here goes…”

Read more …“CUZZY MALLOW”-LEKKERS

Tiýana Lourens is ‘n tennisliefhebber en hou daarvan om hierdie dadelballetjies te maak wat heerlik en gesond is. Dit is ‘n lekker kosblikhappie en baie maklik om te maak. Sy is ‘n aktiewe meisie wat hou van lag en haar gunstelingkos is sushi.

Read more …DADELBALLETJIES

Agri-Pulse-Voordwes – In Noordwes VLU-kringe het Elsa van Rooyen nie veel bekendstelling nodig nie en onder die “lekkerbekke” (met respekte gesê) soos ek dalk nog minder.
Elsa is onder die vlytige dames en almal met ‘n soettand bekend as die dame met wie jy moet rekening hou as jy met een of ander soetbederf teen jou VLU-kollegas of ander skou-inskrywings wil meeding. Na etlike jare se soet-gewoel in die kombuis spog Elsa met ritse trofeë op haar rakke en ‘n kuiertjie by die Van Rooyen-woning is gewoonlik ‘n soete ervaring.
Ons het Elsa gevra of sy nie vir ons so op die drumpel van die vierde kwartaal wil wys hoe sy heerlike lekkergoed en lekkerbek-bederf vir groot en klein met verbeeldingryke idees optower nie. Elsa maak dus vandeesweek “vrugtelekkers” – nee nie daardie bekende (maar ook baie lekker) Suid-Afrikaanse suiker-vrugtelekkers nie, maar lekkergoed in die vorm van miniatuur-vrugte bykans net soos die gewilde klapperys. Maar dan maak sy ook ‘n ietsie vir na die ete, stukkie koek of wat jy ook al geniet het en nee, dit is nie mosterd nie die maal nie, maar peppermentlekkers…
Behalwe dat dit geurig en lekker stroopsoet is soos lekkergoed nou eenmal moet wees, is Elsa se skepping al te fraai om na te kyk en benewens die smaak van die soetgoed, kan sy gewis maar nog ‘n prys vir die voorkoms daarvan kry. Elsa maak haar “vrugte”- en peppermentlekkers so:

Read more …VLU SE VOORSLAG-ELSA MAAK VRUGTE- EN PEPPERMENTLEKKERS

‘Brandy snaps’ is ‘n gewilde peuselhappie of nagereg in die Verenigde Koninkryk, Ierland, Australië en Nieu-Seeland, soortgelyk aan die Italiaanse cannoli.  Hulle is dikwels buisvormige, bros, soet, gebakte omhulsels wat tipies 10 sentimeter lank en 2 sentimeter in deursnee is. Brandy snaps word gewoonlik bedien gevul met geklopte room. Charlize van der Linden van Stellalander het ‘n besoek gebring aan huis van Peti Pretorius, wat in Vryburg woon, vir ‘n voorsmakie van hierdie gewilde versnapering wat tydens Paasfees geniet kan word. Peti is die eienaar van Thyme and Again sedert 2020 wat spyseniering doen vir funksies soos troues, doopgeleenthede, kombuistee’s, ooievaarstee’s, verjaarsdae en vele meer. Peti spesialiseer nie net in spyseniering nie, maar het ‘n hand vir blommerrangskikkings. Peti is ook die bestuurder van Villa Brocant Gastehuis in Vryburg. Dié ‘Brandy Snaps’ wat Peti die keer vir ons maak is ‘n alkoholvrye weergawe.
‘Brandy Snaps’

Read more …‘BRANDY SNAPS’ VIR PAASFEES

Diegene van ons wat Joubert Reed (Snr) - (voorheen van Rustenburg) ken sal dadelik kopskuddend beaam dat hy maar altyd vir 'n sake-idee op die uitkyk is. Dieselfde gene is natuurlik in klein Joubert (Jnr - agt jaar oud) se bloed. Met pa en ma se hulp het klein Joubert so 'n maand of wat gelede begin om 'n lekkergoed-"nywerheid" met werklik groot potensiaal op die been te bring. Maar 'n aanvoeling vir die sakewêreld is nie al wat Joubert Snr en Jnr in gemeen het nie. Net soos 'n kop vir besigheid, is die liefde vir die grond polsend in hul are en almal sal saamstem dat "Plaasbrak" 'n unieke naam vir 'n lekkergoed-besigheid is. Maar kom ons wed jou, as jy eenmaal jou tande in daardie heerlik-sagte fudge geslaan het, kan jy seker wees dat jy die naam Plaasbrak vir lank sal onthou.

Die motivering agter Plaasbrak-lekkers was om klein Joubert te leer dat geld nie uit die lug val nie en dat 'n mens hard daarvoor moet werk. Joubert doen soos "alle" seuntjies maar los takies en werkies in en om die huis om 'n sakgeldjie te verdien, maar het op 'n dag verder as sakgeld begin dink en toe aan pa en ma begin torring oor hoe 'n besigheid "werk"... Hoewel daar allerlei "ups en downs" en stampe en stote was, is die res geskiedenis soos ons sê en Plaasbrak spog nou al met 'n grimmige knor as ons in die oortreffende trap kan praat...

Een van die grootste suksesse van Plaasbrak, is klein Joubert se fudge wat hy in nie minder nie as vier verskillende variëteite aanbied. Ons het met die proe-slag vir die Reeds gesê dié fudge is van die lekkerste wat ons al ooit geproe het, en nee, ons bak nie hier mooi broodjies nie - ons bedoel dit met alle erns... Hoewel klein Joubert darem net te veel van 'n besigheidstrateeg is om sy sakegeheime te verklap, deel hy darem sy resep vir 'n baie lekker fudge met ons - komaan bederf die kinders en die soettande hierdie naweek by die huis (ja, en hier is ons alweer by die soetgoed).

Read more …‘N “PLAASBRAK” MET ‘N SUIKERSOET-BLAF…
Page 2 of 2