20
Mon, May

Kyk, ‘n vreemde ding gebeur mos hier van die begin van Desember af elke jaar: Baie mense – oud en jonk – ondergaan dan ‘n metamorfose en verander in ruspes wat deurentyd iets te ete wil hê. Dis ook tog tradisioneel kuiertyd – en gaste kan onverwags op jou drumpel beland. Moenie jou hare uit jou kop uit trek nie! Letitia Cronje, een van die Rustenburg Herald se ontvangspersoneel, het nét die ding om kinders, grootmense en besoekers mee te bederf. Sy maak haar verleidelike sjokoladekoek só:

Bestanddele:

4 Eiers, geskei
1l Suiker
Klits eiergele en suiker tot lig
½ k lou Water
1t Kitskoffiepoeier

Read more …VERLEIDELIKE SJOKELADEKOEK IN 'N JAPTRAP

Haai, is dit nie ongelooflik hoe vinnig die tyd verbysnel nie? Ons het almal nou die dag nog om die Kersboompies gesit en sing, daarna was dit tyd vir Nuwejaarsvreugde en daar sluit die skole vir die einde van die eerste kwartaal alweer! Nouja, vir die kinders en die klompie grootmense en oumense wat so gelukkig is om saam vakansie te hou, is dit sekerlik ‘n groot lekkerte!
Dit voel tog of daar deesdae nie meer so baie mense is wat die voorreg het om vakansietye saam met hul kroos ledig te wees nie. Geniet dit solank dit hou…

Maar, ja, dit is mos meer as genoeg rede vir ‘n “celebration” soos die Engelse sê en wat ‘n beter manier om sommer vir komende naweek ‘n lekker koek te bak sodat die jongklomp en die mense met die soettande die vakansie op ‘n hoë noot kan begin – ook natuurlik om vir die gelukkige mense by die huis te laat besef dat hierdie lekker goed uit “ma se hande” kom en dat sy inderdaad opreg waardeer moet word.

Vandeesweek se ontmoeting vir ons weeklikse “Raak die klits kwyt”, is met Toané Swart – Rustenburg Herald se Mej Skou. Toané maak hierdie ryk en lekker koek so:

Read more …ROOM-NEUT-EN-PEER-SJOKOLADEKOEK

As ek reg onthou was daar ‘n tyd toe die bekende sjokoladekoek ongetwyfeld die koning van koeke was, maar in die laaste paar jaar is wortelkoek net so gewild en beslis kort op sy hakke!  Moenie ‘n fout maak nie jong, ‘n lekker sjokoladekoek bly maar ‘n wonderlike ding en ja, om die waarheid te sê, ek self het ‘n groot soettand en kan nie sommer nee se vir sjokeladekoek nie, maar as ek moet kies bly wortelkoek die bo-baas wenner! Mens het eintlik net een happie nodig om agter te kom hoekom wortelkoek ‘n wenner is. Die kombinasie van die verskillende bestanddele saam met die lagie versiersuiker en ja - veral die neute wat baie bakkers/baksters lief is om bo-op te strooi, maak wortelkoek sekerlik vandag een van die lekkerste koeke wat daar is.  Rustenburg Herald se kookspan het die voorreg gehad om die week saam met Maxine Deanne te kuier. Maxine deel haar resep met ons waar jy met net ‘n paar bestandele binne ‘n uur hierdie heerlike wortel-ringkoek aanmekaar kan slaan.

Read more …MAXINE SE HEERLIKE RING-WORTELKOEK

If fine dining, excellent cuisine or an enjoyable evening or day out in the company of South Africa's leaders in the music industry, is your thing, Rustenburg patrons know by now that Hedgehogs Nest is a popular venue and ideally poised to offer all of these. But apart from great food, great dancing and enjoying the beat, did you realise that Pieter Germishuys Executive Chef at Hedgehogs Nest Function and Wedding Venue is also the Principal of the Hedgehog's Nest Culinary Institute (HCI) where prospective chefs are trained in the fine art of fine dining.

Rustenburg Herald's cooking team has spent time with Pieter and his team and Hedgehog's Nest before and is well aware of the fact that the HCI offers a superb course and recognised examinations and qualifications in the food industry. It is without the slightest doubt that we can attest to the fact that Pieter Germishuys really knows his way around any kitchen and that students trained at the HCI will be well prepared for the industry in or at any institution. But for the sake of our regular cooking page, let's rather share an excellent recipe with you - a New York Style baked cheesecake which Pieter and his students have prepared for us with of course, a fine starter and an even greater main course...

New York style baked cheesecake: Takes 90 minutes plus 2 hours cooling and chilling - Serves 12...

Read more …NEW YORK STYLE BAKED CHEESECAKE

Ja, ons weet - as jy nou regtig nie weet hoe om 'n heerlike maar "vrolike" sjokoladekoek in die kombuis op te tower nie, is daar altyd die eenvoudige resepteboek. Ons is egter nie so seker of jou resepteboek vir 'n regte dogtertjie- of seuntjie-koek voorsiening maak waarop jy jou kinders of kleinkinders of dalk vir kleinboet of sus op sy/haar verjaarsdag kan trakteer nie. Die beste van alles is dit hierdie sjokoladekoek jou skaars 15 minute sal neem om aanmekaar te slaan en boeta gaan voorwaar sommer die hele naweek met 'n breë glimlag op sy gesig rondloop.

Soos ons onlangs aangekondig het, Rustenburg Herald se "Raak die 'klits' kwyt" het ons laaste kuiertjie vir vanjaar met die 10 finaliste in van die Mev Rustenburg 2018-kompetisie met hierdie soettand-bederf afgesluit. Selicia Richter, Jessica Brits en Marelize van Jaarsveld is die dames met wie ons vandeesweek in die kombuis baljaar. Ons lesers het onlangs ook met Marelize se vinnige en heerlike kerriehoendersop kennis gemaak. Vandeesweek se lekker vinnige sjokoladebederf is die skepping van Selicia en Jessica… 

Read more …MULLEKKER SJOKOLADEKOEK VIR DIE SOETTAND

Ai, en daar is die skoolvakansie weer iets van die verlede... Maar ja, 'n mens kan seker nie altyd op die louere rus nie. In die winter bly dit tog maar lekker om so 'n rapsie later onder die komberse te lê. Nog 'n ding wat natuurlik goed werk in die koue maande, is 'n lekker eetdingetjie. So, hierdie week, 'n baie "vreemde" verskynsel. Al gehoor van 'n "koek in 'n koppie"? Of as ons dan nou beter moet verduidelik - 'n kleinerige, eenman-koek wat jy sommer in 'n japtrap in die mikrogolf bak? Ons pleit sommer byvoorbaat skuldig, ja, ons het ons inderdaad die afgelope klompie weke aan "soetvergrype" skuldig gemaak. Ons sal in die wekies wat kom op 'n meer regverdige basis voorsiening maak vir mense wat "gewone" of meer gebalanseerde diëte en maaltye verkies. Maar kom ons spring weg met vandeesweek se lekkerny.

Manus Boonzaaier (ja 'n bekende "voormalige" Rustenburger), is vandeesweek ons gasheer. Manus sê die "koppiekoek" (eintlik 'n beker) - is maklik om te maak en sommer baie vinnig. So, as jou soettand ewe skielik in die nag begin "pyn" of pla, spring jy vinnig op en slaan die lekkerny aan...

Koek in 'n beker...

Read more …KOEK IN 'N BEKER (EN 'N OOMBLIK...)

In hierdie uitgawe van “Raak die ‘klits’ kwyt het ons vir Rustenburgers sommer baie goeie nuus. Vir die van julle wat teen hierdie tyd nog nie ‘n vrugtekoek vir Kersfees gekoop het nie, is dit waarskynlik reeds neusie verby. Tradisioneel eet mense mos nie eintlik meer vrugtekoek na Nuwejaar nie en ‘n vrugtekoek is mos maar eintlik lekkerder as jy dit ‘n klompie weke of verkieslik ‘n maand of wat voor die tyd gemaak het en op die regte plek gebêre het sodat die nodige geure en vog met mekaar kan werk.

Maar voordat jy nou hier in die kerstyd verleë vir vriende en familie moet verduidelik waarom jy nie vrugtekoek het nie, maak dan maar liewer jou eie - en as dit jou eerste probeerslag is, moet nie bekommerd wees nie... Hester Kritzinger van die Vrouelandbou-unie se Koster-tak het ‘n maklike, eenvoudige vrugtekoekresep wat ‘n mens sommer in die mikrogolfoond kan aanslaan - spaar jou baie tyd en moeite en jy sal verbaas wees hoe lekker dit is... Hester se resep is soos volg:

Read more …HESTER SE HEERLIKE MIKROGOLF-VRUGTEKOEK

Met die opwinding van die Olimpiese Spele in die lug is daar sommer nog baie om oor die volgende week of wat na uit te sien. Dis darem wonderlik om te sien watter verskeidenheid sportsoorte daar nou al by die spele te sien is. As daar eendag in die toekoms dalk 'n medalje vir 'n lekker koek of iets soortgelyk op die spel sou wees, kon Jolene Fourie van Rustenburg Herald se lemoenkoek dalk 'n finalis wees.
Bak vir jou gesin hierdie heerlike koek vir 'n "aptytwekkertjie" so kort voor die atletiekprogram se hoogtepunte hierdie naweek aanbreek.
Vir sommige mense dalk 'n bietjie aan die soet kant, maar propvol vitamine C!

Read more …HEERLIKE LEMOENKOEK

Groot opwindinding het onlangs by die Waterfall Mall geheers toe ‘n koekversieringskompetisie met “Alice in Wonderland” as tema aangebied is en Rustenburg se baasbaksters en koekkunstenaars het nie op hulle laat wag nie. Rustenburgers en besoekers aan die Waterfall Mall het behoorlik na die asems gesnak by aanskoue van hierdie “kunswerke” - dit is moeilik om te dink dat daar soveel mense met wonderlike talent in ons pragtige stad is.

Vir hierdie uitgawe van “Raak die ‘klits’ kwyt” het ons by Danelle Cresswell, voorsitter van Rustenburg se Suikerbekkies Suikergild gaan kers opsteek. Danelle verduidelik vir ons hoe om ‘n pragtige koek op ‘n spesiale manier te “versier”
Koekversiering – Als Behalwe Uit Die Oude Doos

Danksy verskeie TV programme en celebrity bakkers, het koekversiering teruggekeer as een van die populêrste stokpertjies. Weg is die dae van spierwit oorgetrekte vrugtekoeke met formele blomruikers – nou is dit kleurvol, topsy-turvy, replikas van gunsteling karakters, plekke of films, en soms net pleinweg swaartekrag tartend.

Gelukkig vir `n stokperdjie bakker, is meeste van die tegnieke eintlik so eenvoudig dat enige iemand, met `n bietjie oefening, soos `n meester kan lyk! Hier is `n paar riglyne om self die volgende treffer op die koektafel te maak.

Read more …FONDANT

Noudat die strengste inperkings van Covid-19 wat kuier en braaivleis verbied, blyk om binnekort opgehef te word, is dit ‘n goeie idee om solank jou spyskaart vir jou eerste sosiale kuier te begin beplan. In hierdie uitgawe bring ons vir jou met groot vrymoedigheid die geheime van sekerlik een van die lekkerste bederfies waaraan ons nog gesmul het, sover dit die holkol in die soettand betref. Al gehoor van ‘n suurlemoenkaaskoek? Kom ons hou jou nie vir ‘n oomblik langer aan ‘n lyntjie nie.
(Terloops – hierdie kaaskoek is so watertandlekker, jy sal nie eers teleurgesteld wees as die Covid-inperkings toe nie opgehef word nie en jou gaste uiteindelik nooit opdaag nie!)

Bestanddele:

1 pakkie Mariebeskuitjies (gekrummel)
80 g (1/3 koppie) botter, gesmelt

Read more …DIE LEKKERSTE KAASKOEK OOIT!

In ons “Raak die ‘klits’ kwyt van verlede week het ons vertel hoe ons vir die eerste keer by ‘n groepie vriendelike dames op ons buurdorp Brits gaan besoek aflê het en al te lekker bederf is. Die kuier vorm die afgelope bykans ses maande al deel van ons huidige reeks kos-, eet-, kuier- en kosmaakartikels met voorslagdames van die Vrouelandbou-unie se Platinastreek. Die reeks word vir ons deur Pam van Rensburg - voorsitter van die Platinastreek gekoördineer en ons is werklik dankbaar, wat nog nooit voorheen het ons kookartikels met soveel gesag aan die kombuisdeur geklop nie.

Ons het verlede week ook vertel dat die dames van Brits inderdaad ‘n klompie voorslagvroue is vir wat blykbaar lankal reeds besef het dat die pad na ‘n man se hart deur sy maag loop. Baie mense sê hierdie is ‘n ouvrou-storie - ek wonder darem... Elk geval - vandeesweek - net soos verlede week is ‘n absolute hoogtepunt...

Denise Swanepoel het vir ons vir hierdie kooksessie sommer twee “disse” gemaak waarvan ons die eerste hierdie week “behandel”. En “behandel” het ons goed - soos enige persoon ongetwyfeld sal doen wat se paaie sou kruis met hierdie wonderlike Baklava-kaaskoek. Ja, jy het reg gelees. As jy nog altyd ‘n onvergelykbaar-lekker kaaskoek wou maak, trek gou die skryfgoed nader - ‘n beter voorbeeld as hierdie een van Denise sal jy kwalik kry... Kaaskoek kry ‘n mens omtrent oral en in omtrent in alle geure en smake - Baklava het ‘n Griekse oorsprong en hierdie twee is ‘n kombinasie wat baie moeilik geklop kan word. Denise maak dit so...

Read more …DENISE SE BAKLAVA - KAASKOEK

Vir Rustenburg Herald se “Raak die ‘klits’ kwyt”-kookspan het dit amper ‘n jaar geduur voordat ons uiteindelik vir Christine Hoogdendoorn van die Vrouelandbou-uniei se Mosaiëk-tak in die kombuis en om ‘n tafel vasgepen kon kry sodat sy vir ons kon wys hoe ‘n mens die sogenaamde “skuinskoek” “bak” - of moet ons liewer sê “kook”? En ja, ons skroom nie om te sê dat die wag ongetwyfeld die moeite werd was nie - skuinskoek is regtig ‘n baie, baie lekker happie en ons was al te aangenaam verras met dit wat ons in ons bordjies gekry het. Die naam “skuinskoek” veronderstel seker maar dat ‘n mens ‘n ding soos konvensionele koek in jou bordjie verwag? Seker maar net omdat ‘n mens dit nie ken nie - as iemand sou sê vetkoek - sou almal onmiddellik weet wat ons bedoel... 
Nouja, hierdie week was daar vir Christine geen wegkomkans nie en was ons nie aangenaam verras nie? As ons nou in ons beskeidenheid moet verduidelik wat skuinskoek is, sal die beste verduideliking wees om te sê dat dit presies in die middel van vetkoek en koeksisters is. Dieselfde tekstuur as vetkoek en amper dieselfde struktuur as koeksister. ‘n Bietjie (heelwat?) soeter as vetkoek maar darem nie naastenby so soet soos koeksister nie. Maar dit het iets in gemeen met beide vetkoek en koeksister - dit is werklik baie, baie lekker en ‘n mens sukkel maar om met net een, twee, of drie in jou bordjie tevrede te wees. Trouens, ‘n mens kan heelwat meer skuinskoek as koeksisters in jou bordjie sit en daar sal seer sekerlik nie een oorbly nie...

Read more …CHRISTINE HOOGENDOORN SE SKUINSKOEK - ‘N KAROO-BEDERF
Page 2 of 3