20
Mon, May

In verlede week se “kook” het ‘n jong kannetjie wat voorwaar sy eie (en boonop heerlike) sjokoladekoek bak, baie van ons geïnspireer om die flukse handskoene aan te trek en in die kombuis doenig te raak. Wat is dan nou lekkerder om die gesin met ‘n vars baksel beskuit, ‘n heerlike tert of dalk die jongste baksensasie in die kookboek te verras? Des te meer as daar ‘n heerlike, luilekker naweek is waarna uitgesien kan word. 
Naweke en lekker lang vakansies moet verkieslik egter nie die enigste tye wees dat ons voorslagdames die resepteboeke begin deurblaai en iets wonderliks in die kombuis “opklits” nie. Onthou – daar is baie spesiale geleenthede soos Vadersdag, (Moedersdag ook pappas) en natuurlik die kleingoed se verjaarsdae wat ‘n opregte poging regverdig! Niemand hoef enige ma te vertel nie dat ‘n tuisgebakte verjaarsdagkoek en ‘n paar ekstra versnaperings vir Boeta of Sus aansienlik meer sal beteken as ‘n koek wat êrens oor ‘n toonbank gekoop is. (Met apologie aan ons tuisnywerhede en soortgelyke instansies – ons besef dat nie almal die tyd, die ywer en die vaardighede het om wonderwerke in die kombuis ‘n alledaagse verskynsel te maak nie). 
Maar nouja, genoeg gepraat en nou is dit tyd vir aksie. Twee mammas wys vandeesweek vir ons hoe om ‘n baksel pragtige kolwyntjies op te tower – hierdie kolwyntjies is sonder twyfel pragtig genoeg vir ‘n koninklike banket (hoewel die kleur in hierdie geval waarskynlik meer by ‘n jong prinsessie as ‘n prinsie byval sal vind. Hoe dit ook al sy – Aspoestertjie kan haar enigste skoentjie agterna gooi vir ‘n spoggerige baksel “cup cakes” soos hierdie. 
Irma Fourie en Lavonne van Rooyen is ons twee baasbaksters en die metode is soos volg:

Read more …PRENTJIEMOOI KOLWYNTJIES

Christene Botes is ‘n bobaasbakker in Klerksdorp. Sy het in die Karoor grootgeworden verbruikerstudies aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Haar goue bakwenk is om bakpapier in jou koekpanne te gebruik. Hierdie koek is heerlik dekadent.

Read more …PISTACHIO EN APPELKOEK

Marinda du Plessis se hande staan vir niks verkeerd nie. Sy het vir langer as 20 jaar by Klerksdorp Rekord gewerk en die personeel gereeld met haar heerlike gebak verras. Sy hou van tuinmaak, naaldwerk en is ‘n ywerige doen-dit-selfer. Haar resepte is vinnig, maklik en flatervry.

Deur Marinda du Plessis

Muffins:

• 500g Snowflake easy mix (sjokolade)
• 150ml kookolie • 2 eiers
Versiering:
• 1 Blik gekookte kondensmelk
• 450ml Versiersuiker
• 150ml-200ml Margarien (Sag)
• 30ml Kakao

Read more …DEATH BY CHOCOLATE MUFFINS

Annaleen van  Staden is die hoof van terapie by Sanpark, ‘n rehabilitasiesentrum in Klerksdorp. Sy hou van mense en sê almal verdien tweede kanse. Haar gunsteling nagereg is malvalpoeding met vla, maar sy maak ook gereeld die lemoenkoek. Die lemoenkoek is vinnig, maklik en redelik gesond.

Deur Annaleen van Staden

Read more …LEMOENKOEK

AgriPulse - NOORDWES – In ons maandelikse kuiertjie in voorslagvroue (of mans?) se kombuise waarin ons lesers op Suid-Afrikaners se kosmaakgeheime of voortreflike lekkernye getrakteer word, loer ons in by `n bekende in koskringe, Karin Eloff.
Wat kreawiteit en oorspronklikheid betref, of dit nou in die tuin, die kombuis of spoggerige onthaal plaasvind, staan dié vrou se hande vir niks verkeerd nie. Nie net is sy `n bobaaskok nie, maar is sy ook in dié omgewing bekend vir haar pragtige blommeskeppings. Karin het vir ons gewys hoe `n heerlike heuning- en vyekoek gemaak word. Karin maak dit so:

Read more …SÓ MAAK KARIN HEUNING- EN VYEKOEK...

AgriPulse-Vryburg – Die winter het nou behoorlik sy intrek kom neem en soek ons meer gereeld `n lekker happie saam met warm koffie of tee.

Gebore Noordwester en oudleerder van die Hoërskool Vryburg, Carien-Mari Brink, wys die maand hoe jy in `n japtrap dié heerlike meringue kan maak en voorsit. Na skool is dié kombuis-foendi na n hotelskool in Bloemfontein en het sy haar prakties by `n hotel in Witsand afgelê. Sy beskryf haar eerste herinneringe van kosmaak saam met haar ouma Ria Reyneke op die familie plaas, Driehoek in die Wesselsbron omgewing, langs die stoof waar sy gereeld “help” kosmaak het.
Sy verklap dat haar grootste bederf van haar man, Wayne Brink, `n nuwe resepteboek aan haar is, wat sy dan soos `n storieboek sal lees. Hulle het twee seuns, AB en William wat haar liefde vir kos deel. Dié help graag in die kombuis en dien ook as haar proefkonyne met nuwe resepte.
“Die beste / belangrikste bestanddeel in enige dis is LIEFDE. My kosbaarste resepteboek is my ma s’n wat sy met die hand geskryf het, Thelma se FlopVrye Resepte. Ek is verseker op my gelukkigste as my tafel mooi gedek is, dreun van die kos en familie en vriende in die vreugde deel,” sluit Carien-Mari af.

Om die opname van dié AgriPulse kook te sien besoek http://bit.ly/suurlemoenmirangue.

Read more …BLITSIGE SUURLEMOENMERINGUE TERT

Nouja, oor ‘n rapsie meer as ‘n maand gaan baie Suid-Afrikaners se tafels weer kruin onder die kersfees-etes, soetbederfies, soettand-versnaperinge en natuurlik, poedings, terte en vrugtekoeke. Teen hierdie tyd van die jaar, met Kersfees nie veel meer as ‘n maand-en-‘n-half ver nie, het meeste knap boervroue, huisvroue of werkende vroue (werk hulle nie maar almal omtrent altyd nie?) se kersspyskaarte reeds lankal gefinaliseer, maar vrugtekoek sal sekerlik op die meeste mense se tafels wees.

As jy vanjaar dalk lus is vir ‘n bietjie afwisseling/eksperimentering met jou gebruiklike vrugtekoekresep mevrou, probeer gerus hierdie weergawe van Anita Upton van Rustenburg in Noordwes. Anita was vir jare een van die Vrouelandbou-unie se voorslag-baksters uit hierdie omgewing. Anita maak haar vrugtekoek so:

Read more …KERFEES OM DIE DRAAI – KOM MA, DIS TYD VIR VRUGTEKOEK
Page 3 of 3