07
Fri, Nov

Wel mense, die jaar is op sy rug en vandag oor presies ‘n week is dit tyd vir Kersvader om sy swaar sak oor sy skouer te gooi en kinderharte regoor die wêreld te verbly. As jy en jou familie vanjaar moontlik die takbokke en slee in die stad gaan misloop en tussen die wildsbokke in die bosveld gaan ontspan, is hier net die regte Kersfeespoeding vir bosveldaande om die kampvuur. Dit is nou as die maaltye daar rondom die vuur nie meestal uit vleis, vleis en vleis bestaan nie. Gelukkig is daar darem altyd ‘n klompie vroue wat sal toesien dat die manne hulle nie aan die bosveldsteaks vergryp nie. Vandeesweek se Bosveldpoeding kom van Lezané van den Berg en dit is ‘n maklik een wat jy sommer so vinnig op die vuur aanslaan terwyl die koffiewater al kook. Baie gepas vir dié tipe vakansie, is die poeding hoegenaamd nie ingewikkeld nie en jy het skaars meer as ‘n blikkie ingelegte perskes, ‘n stukkie lekker sjokolade en ‘n pakkie lekkergoed nodig. Lezané maak haar bosveldpoeding soos volg:
Bosveldpoeding op die kampvuur.

Read more …‘N BOSVELD-POEDING VIR KERSFEES

Soos koeksisters en malvapoeding is melktert ’n goeie voorbeeld van ‘n regte Suid-Afrikaanse nagereg wat reeds van die middeleeue af bekend is. Vanaf 2013 is 27 Februarie ‘n opwindende dag vir al die melktert-liefhebers. Die idée vir Nasionale Melktertdag het begin by die joernaliste van die Weg-tydskrif toe hulle besef melktert is die perfekte namiddag-soetigheid.
Op Weg! se webwerf verduidelik hulle dit wat gevolg het só: “Dié nuus was te goed om nie te verkondig nie, en die daaropvolgende jaar was vriende, lesers, radiostasies, Facebook-kennisse, koffiewinkelbase en sjefs oorgehaal om ook op 27 Februarie melktert te bak, te sny en saam met geliefdes te geniet. Omtrent oornag het iets wat as ’n hunkering na ’n soetigheidjie begin het, gegroei tot Nasionale Melktertdag.
Dit is duidelik dat almal in Suid-Afrika sal saamstem dat ‘n melktert ‘n lekker “ding” is, of dit nou met kaneelsuiker of met amandel gegeur is, en of dit met ’n eenvoudige broskors of ryker skilferkors warm uit die oond voorgesit word, melktert bly egte trooskos en is ’n heimwee-smaak van kindertyd en gesellige saamkuier-oomblikke. Hierdie week het die Rustenburg Herald-kookspan gaan kuier by “Flower Fun” met ’n tafel vol melktert-nageregte! Charlene Mostert & Mariesa van Heerden deel die heerlike resepte vir “melktert-pringles”, pannekoek-en-melktert-laagkoek en so ook n koffie-en-melktert-Don Pedro met ons! Gaan maak n draai by “Flower Fun” se koffiewinkel vir een van die heerlikste melktert-nageregte en nog vele meer. Hulle is geleë in winkel nr 18; Value Mart-winkelsentrum, Augrabieslaan no1, Rustenburg

Read more …MELKTERT-NAGEREGTE

Rustenburg Herald se kookspan het onlangs by die kombuis van Jennie en Nia en die res van die vrolike klomp Viljoens by Olifantsnekdam ingeloer waar ons op allerlei lekker eetgoed getrakteer is. “Kleinsus” Nia het by die geleentheid vir ons ‘n Hoendergereg a la Nia gemaak. Dié week is dit ousus Jenni wat ‘n heuningtert opdien waaroor gedigte geskryf kan word. Ons het dadelik tot die slotsom gekom dat Simson sommer ‘n hele trop leeus sou stormloop vir ‘n happie van hierdie heuningtert wat sekerlik baie lekkerder is as ‘n paar handevol heuning uit die ribbekas van ‘n dooie leeu. As daar van ons lesers is wat nou nie die kloutjie by die oor kan kry nie, trek gerus weer die bybelverhaal van Simson nader. Maar met respekte gesê, hierdie resep sal jy ongelukkig nie daar vind nie...
Nouja, sonder enige verdere verwyl – hiermee Jenni se heerlike heuningtertresep – jy moet dit eenvoudig beproef!

Bestanddele:

250 ml koekmeelblom
125 ml strooisuiker

Read more …HIERDIE HEUNINGTERT SIMSON SE MOSES

South Africans and our "boeremense" have proved for generations that we have a flair for cooking, baking or whatever happens in our kitchens. Incidentally, we have also come to know the lemon as the wonderfully versatile fruit that is quite handy in almost any dish or juice. Most of us probably know the Lemon meringue pie - but did you know that we also have the so-called "moerang pie" which more or less hints at its absolutely fantastic taste?
If you want to try something new and absolutely delicious for this weekend, why not consider the "moerang pie"?

Marie MacDonald and colleague Eben du Plessis of Rustenburg Herald came up with the idea of a “moerang pie”…

Read more …HAVE YOU TRIED THE “MOERANG PIE”?

Ons lesers wat die weeklikse Raak die klits kwyt-rubriek volg en daarvan hou om te sien met water koskunsies mense in hul kombuise vorendag kom, het seker opgemerk dat Rustenburg Herald se “kookspan” binnekort met ‘n opwindende reeks tradisionele resepte en disse uit ons eie VLU-kringe begin. Ons sien eintlik al lankal uit na so ‘n reeks kos-artikels (dalk moet ek sê ons lek al lankal die lippe af...?) want dit is mos maar nie ‘n geheim dat ons VLU-dames van die “platteland” nie maklik op hul plek gesit word as dit by kosmaak kom nie. Ons dames wat altyd vir ‘n wonderlike resep op die uitkyk is, sal baie wys wees om so gou moontlik ‘n groterige plakboek gereed te kry - dit gaan mos nou maklik wees om sommer net elke week se uitgawe uit te knip en die bladsy in u plakboek te plak. Miskien kan ons een van die mooi dae ‘n Rustenburg Herald-uitsoekresepteplakboekkompetisie loods? Sjoe - dit ‘n lang word - so genoeg gepraat - kom ons gesels kos. 
Ons het by geleentheid by tannie Ella Pienaar, moeder van die Rustenburg-kunstenaar - Johannis Pienaar - ingeloer en verneem van die wonderlike lekker gemmerpoeding wat sy maak. Dit was ‘n gunsteling van haar eggenoot - oom Corrie - van vroeg vanjaar oorlede is. (Terloops - oom Corrie en tannie Ella was ‘n ongelooflike 61 jaar getroud - ons dra hierdie week se kook aan oom Corrie op...) Vandeesweek stel ons vir tannie Ella aan u voor en wys vir julle hoe om hierdie lekker nagereg te maak...

Read more …BRUIN GEMMERPOEDING VIR DIE SOETTAND

Suné Heyneke het al die Mej Klerksdorp-kroon gedra en is ‘n aktiewe blondekop watt daarvan hou om te kamp en die buitelewe geniet. Sy het op skool Verbruikerstudies gehad waar sy leer bak en brou het. Malvapoeding is ‘n gunsteling nagereg.

Read more …AMARULA MALVAPOEDING

Hier by AgriPulse se "Raak die 'klits' kwyt" het ons 'n sagte plek vir tradisie - dit bly darem maar 'n feit dat die lekkerste eet- en drinkgoed uit ons mees verslete en geelverblykte resepteboeke kom. Ons het onlangs weer 'n paar van ons lekkerste tradisies opgesoek en soos ons lesers seker opgemerk het, op 'n eenvoudige resep vir die lekkerste amper soos "ingemaakte" kwepers afgekom.
Dit is juis nou weer kwepertyd en vir 'n lekker kombuiskuier was die feit dat Liesl Broeksma van Rustenburg Herald en haar ma (Henriëtte) van Stilbaai oor die Paasnaweek 'n langverwagte reünie gehou het, net die regte geleentheid. As jy nou gou spring, sal jy nog voor die seisoeneinde 'n paar sakkies kwekers in die hande kry. Koop sommer twee - dan maak jy dit op een of twee (of albei) van die volgende maniere:

Read more …KWEPERS - OP TWEE MANIERE...

Stellalander-Vryburg- Ons kook saam met Gerda De Sousa, een van die bekende stemme op Jacaranda FM. Gerda is ‘n oudskolier van Hoërskool Vryburg en het in 1991 matrikuleer. Gerda deel haar spesiale resep vir piesangpoffertjies. Gerda sê dis een van daardie wat jy enige tyd en enige plek vir enige maaltyd en enige iemand aanmekaar kan slaan - en dis altyd ‘n wenner. Gerda verklap dat sy van dié poffertjies geleer toe sy eendag deur haar Portugese kookboek blaai op soek na inspirasie. Sedertdien, het sy die resep al bietjie aangepas en gooi sommer ‘n handvol oorryp bloubessies ook by. Dis ook baie lekker met kaneelsuiker.

Follow this link https:https: //bit.ly/kooksaammetgerda en kook saam met Gerda De Sousa

Piesangpoffertjies

Read more …BAK SAAM MET JACARANDAFM 94.2 SE GERDA

Sjef Leon Nel, eienaar van Silver Orange Bistro in Hartbeespoort, met die nagereg, Sjokoladekoek sonder meel, met ‘n tikkie koffie en die gebakte Camembert- en neutfilo as ‘n voorgereg.

AGRIPULSE – HARTBEESPOORT – Elegant en kontemporêr kunstig voorbereide geregte is kenmerkend van Silver Orange Bistro in Hartbeespoort en om so ‘n stukkie van die elegansie met lesers te deel, het AgriPulse by sjef en eienaar van die restaurant, Leon Nel gaan kuier. Leon spog met tientalle nasionale én internasionale toekennings en disse op dié spyskaart is van wêreldklas-standaard.
Spesiaal vir AgriPulse se lesers het dié bekroonde sjef sy immergewilde voorgereg, Gebakte Camembert en Neut Filo met ons gedeel. Dié voorgereg is ‘n kunswerk vol geur, kleur en afronding wat beloof om elke smaakknoppie denkbaar te prikkel. Met ‘n tikkie persoonlike panache gekomplimenteer deur jou unieke flair, kan jy jou gaste met die meesterlike delikates as ‘n verwelkominggereg bederf.
Besoek gerus Orange Bistro se webwerf by https://www.silverorangebistro.co.za/

Read more …‘N MEESTERSTUK OP JOU BORD