20
Mon, May

Anneline van Huyssteen is ‘n bakker vir wie jy gerus maar die kuns kan afvra. Wat bak sy? Wel, koekies wat gewis amper te mooi is te eet, of nee, nie amper nie – dit is só mooi dat mense dit dikwels eenkant sit om te hou. Kyk gerus na die artikel en volg sommer ook ons video op die webtuiste - die skakel is onder geplaas sodat jy sonder sukkel by dit kan kom.
Die kort en lank van Anneline se bakkuns is om fyn koekies te bak wat sy “Custom royal icing cookies” noem. Dit doen sy onder die vaandel van Cookies & Stuff wat sy uiteraard vanuit haar kombuis bedryf.
Sy bak die koekies soos ‘n mens min of meer gewone koekies bak, maar dan word dit op ‘n eiesoortige en uiters kreatiewe manier versier om niks anders as heerlike kunswerkies te word nie.
Ja, dit is vir die publiek beskikbaar en is ongelukkig nie regtig die “sweet cakes” waarvan die Engelse praat nie – maar dit is bekostigbaar vir iemand wat iets baie spesiaals wil hê.
Onthou – die kuns lê in die versiering – geniet dit!

Read more …ONS BAK ‘FANCY’ KOEKIES MET ‘N SMAAK VIR KUNS!

The virtues of a diligent and hardworking woman have been praised throughout the ages from the beginning of time. The popular saying goes that a diligent woman makes a home of any house or dwelling. Naturally, she is also able to serve a glorious meal from just about “nothing” on the table. Fortunate indeed are those children and sweet-toothed people whose mothers/wives are always planning ahead for important events on the calendar. This would mean that “now” is more or less the time to start planning or baking your family’s Christmas season cookies and eats – that is the time of the year when the adults want to relax while the kids snack away on those wonderful treats mother has stashed away in the cookie jar(s).
This week Rustenburg Herald’s “What’s Cooking?” team joins Marita Terblanche in her Wrap, Rattle and Roll kitchen with her showing us how to bake really wonderful Christmas cookies or party snacks for in-between meals during the long and enjoyable December school holidays.

Read more …MARITA’S WRAP, RATTLE AND ROLL COOKIE RECIPE

AGRI-PULSE – RUSTENBURG – Omtrent al wat baie Suid-Afrikaners oor Jan Smuts- en Hertzogkoekies weet, is dat hulle min of meer dieselfde lyk en dat altwee baie, baie lekker is.

Party mense weet nie eers “wie is nou waffer nie” (soos die mense in Namibië graag sê). In hierdie uitgawe van Agri-Pulse verduidelik ons vir die lesers wat die verskil tussen die Smutsies- en Hertzoggies is en hoe albei gemaak word. Ons baasbakker is Marianna Paul, ‘n inwoner van Rustenburg in Noordwes wat familiebande in onder meer Kimberley en Upington het. (Marianna is die dogter van ouma Susanna Izaks, voorheen van Upington). Marianna sal ons verskoon as ons vir die lesers sê: Die verskil is dat ‘n Jan Smuts-koekie baie soos die bekende “jam tertjie” is terwyl die Hertzoggies ook ‘n bietjie klapper in die “kop” het…

In voorverlede week se uitgawe het ons Susan Cilliers – verslaggewer van Netwerk24 en Beeld -  en haar ousus Melindi van Rooyen – albei inwoners van Potchefstroom, aan Rustenburgers bekend gestel toe hulle vir ons ‘n heerlike hoender- en groentegereg met aartappelgebak gemaak het. Wel Susan-hulle is vandeesweek weer aan die beurt met ‘n heerlike lemoenkoek wat nooit flop nie en enige tyd as nagereg kan dien. Susan se ma wat in die sewentigerjare gereeld by Hoërskool Fochville uitgehelp het, het die resep by die destydse onderhoof se vrou gekry. Susan se pa was self ‘n geskiedenisonderwyser by dié skool.

Read more …‘n HEERLIKE SOETKOEK WAT NOOIT FLOP NIE

As ‘n bloedjong nooi vir jou sê sy bak die lekkerste appeltert in die dorp kan jy dalk maar die voorkop se plooie in ‘n frons laat trek, maar as ‘n baie mooi bloedjong nooi vir jou sê sy bak haar ouma se gunsteling-appeltert en dat dié heel moontlik die lekkerste in die dorp is, sal jy wys wees om te vra hoe laat jy daar moet wees. So is dit nou maar, ons ouer-generasie vroue (ja, en selfs baie mans) weet maar net eenvoudig beter hoe dinge in die kombuis werk en wat hulle daar laat “verrys” is meestal ‘n treffer. Nouja, voorwaar is ons gelukkig vandeesweek met ‘n baie mooi bloedjong nooi en haar ouma wat ons genooi het om te kyk hoe die lekkerste appelterte in die dorp gebak word. Ons baasbakkers is Mikayla Stols en haar ouma, Leonie van Staden. In die familie is ouma Leonie bekend vir haar heerlike appeltert en wanneer die familie ‘n saamkuier-ete hou, word daar meestal nie gevra wat daar vir nagereg voorgesit moet word nie. So hier gaan ons – ouma Leonie en Mikayla maak dit so: 

Read more …OUMA SE APPEL(TERT) VAL NIE VER VAN DIE BOOM AF NIE

Pampoen laat jou hare krul. JP Myburg is ‘n joernalis in die Kaap en het op Stilfontein grootgeword. Hierdie resep het hy baie tannie Poppie van Kokkedoor-faam gegaps en dit is heerlik as ‘n bykos by ‘n Sondagmiddagete of selfs ‘n braai.

Heerlike pampoentert
Deur JP Myburg
(oorspronklik deur Tannie Poppie van Kokkedoor-faam)

Read more …HEERLIKE PAMPOENTERT

Elizabeth Ntaopane is a cook at an old age home in Klerksdorp. Sago pudding is her favourite dessert and also a favourite on the menu for the residents at the old age home. It is the perfect way to end of Sunday lunch on a sweet note.

SAGO PUDDING

By Elizabeth Ntaopane

Read more …SAGO PUDDING

In hierdie derde aflewering van ons “Zeerust-reeks” toe ons onlangs ‘n lekker wye draai in die bosveld gegooi het, kuier ons aan die tafel van Lulu Mulder. Ons was gelukkig dat Lulu vir ons iets gemaak het wat altyd omtrent eerste op almal se lippe is wanneer daar oor regtig-lekker poedings gepraat word. Sago-poeding natuurlik - en Lulu maak dit vir ons op die tradisionele manier wat sy by ouma Lettie geleer het. Sy noem dit uiteraad Ouma Lettie se Sago-poeding... Dit word so gemaak... 

Read more …SAGO-POEDING - DIE TRADISIONELE MANIER...

Diegene wat ons reeks “This is how I cook” met Rustenburg se eie MasterChef SA (Thys Hattingh) volg, sal seker weet dat Thys ‘n regte lekkerbek is met ‘n onversadigbare drang na poedings, roomyse en al wat soet is en dat Thys baie gepas binne die volgende klompie weke die klem van sy huidige reeks van warm soppe na warm poedings en roomyse gaan verskuif.

Tot dan sal diegene van ons wat elke af en toe vir ‘n lekker “soetding” lus het, ‘n bietjie verbeelding moet gebruik of alternatiewelik op die sukses-verhale en resepte soos Kook en Geniet en dergliks moet terugval. Met die winterkoue wat deesdae kort na sonsak begin geniepsig raak, was ons gelukkig om ‘n wenresep vir ‘n lekker warm sjokoladenagereg by twee pragtige sussies te kry.

Ja, baie manne sal sekerlik saamstem dat ‘n mens sommer vanself so ‘n warm gevoel hier binne by aanskoue van twee sulke mooie mense kry, maar vir ons dames en oumense, wel, hulle moet maar op die warm sjokolade staatmaak vir ‘n bietjie ekstra hitte. Dit poeding is elk geval nie te versmaai nie en smaak beslis vorentoe – dit is beslis handig om vir die yskoue wintersdae wat nog voorlê, byderhand te hou. Ons mooie susters - Joanie Weiss en Elizma Pieterse maak die warm sjokoladenagereg soos volg;

Read more …WARM SJOKOLADENAGEREG