Omdat Paasfees om die draai is het ons dit goed gedink om die maand Paasbolletjies te maak met rosyne uit die Benede Oranjerivier streek. Hierdie Suid-Afrikaanse tafeldruifproduksiestreek, Benede Oranje, is geleë ongeveer by 28° Suid en strek 450 km langs die Oranjerivier, van Groblershoop in die ooste tot by Klein Pella in die verre weste.
Hierdie streek is, behalwe vir veeboedery, ook bekend vir sy uitvoer tafeldruiwe, uitvoer rosyne, wyndruiwe, pekanneute, katoen en ander gewasse wat langs die vrugbare oewer van die Oranjerivier geplant word.
Só maak jy...
Bestanddele:
• 500 g koekmeel
• 10 g kitsgids (pakkie)
• 5 g sout
• 15 ml gemengde speserye
• 15 ml fyn kaneel
• 250 ml warm melk
• 100 ml (90 g) gesmelte botter





Tot relatief onlangs was Suid-Afrikaners nog maar taamlik onbekend met bloubessies – ‘n vrugtebessielekkerny wat die afgelope ses tot agt jaar ‘n groot oplewing in Suid-Afrika beleef het. Tans (November) is dit feitlik die hoogtepunt van die jaarlikse bloubessieseisoen en daar is nie ‘n einde aan die rits gebruike met bloubessies nie.



Wat ‘n jaar – deesdae hoor mens dit van verskeie plekke en mense af. 2017 was beslis ‘n jaar wat baie van ons dalk nie 100% voorbereid was nie. Maar hoe berei jy jou voor vir dinge soos President Zuma se kabinetskommelry, die brandstofprys wat vinnig op pad R15 vir ‘n liter toe is en natuurlik die feit dat jy dalk nie miljoene met hierdie “Bitcoins” gaan maak nie (soos elke ou en sy ouma wat gekoop het toe die prys maar R14 000 was in die begin van die jaar).