20
Mon, May

Dorothy Laguerenne Wannenburgh van Hartbeesfontein is bekend vir haar asemrowende kunswerke. Sy is egter net so ‘n voorslag in die kombuis en haar kook met kuns sessies in haar gastehuis is baie gewild. Sy is ‘n passievolle broodbakker en deel haar resep vir boerbrood.

Read more …SKILDER BAK REGTE BOERBROOD

Vra maar vir enigeen wat voorverlede week onder die bykans 100 000 besoekers by Nampo was, wat vir hom/haar die hoogtepunte was en jy sal vinnig hoor dat die reuse verskeidenheid kosstalletjies nogal hoog op die lys van gunstelinge was. Ja, dit is nogal opvallend hoe mense deesdae in Suid-Afrika al hoe meer neig na die "outydse" gunstelinge  - of dit nou kos, modes of motors is – die Engelse woord “retro” word deesdae dikwels ingespan om die styl van vervloeë dae te beskryf…

In Noordwes (Rustenburg) het Agri-Pulse onlangs die Klein Karoo Kombuis van Gerrit en Riana La Grange raakgeloop. Hier is die “ouwêreldse” roosterkoek in verskeie gedaantes die hoofgereg op die spyskaart. Ons het gaan aansit en was verbaas oor die allermins “beskeie” grootte asook die billikheid van die porsies en is uiteindelik met ‘n amper ‘n “sak vol” roosterkoeke daar weg.

Ons het vir Riana gevra of sy en haar span nie vir Agri-Pulse se “raak die ‘klits’ kwyt” wil “kook” nie en dit is presies wat ons vandag vir die lesers opdis… (Ons moet byvoeg dat Klein Karoo Kombuis se roosterkoekresep ‘n goed-bewaarde “geheim” is – Riana ken egter sommer ‘n rits roosterkoekresepte sommer so uit die vuis – hierdie een behoort groot byval te vind. Klein Karoo Kombuis maak

Read more …ROOSTERKOEK – ‘N “OUTYDSE” GUNSTELING…

Shellé Hack is famous for being part of many a young couple’s special wedding occasion by hosting beautiful receptions in Klerksdorp. Her culinary skills are legendary. She is known for her Jewish dishes and loves working with yeast. She shares her recipe for Challah bread, a special bread usually braided and typically eaten on ceremonial occasions such as Shabbat and major Jewish holidays.

Read more …CHALLAH BREAD THE TRADITIONAL WAY

Omdat Paasfees om die draai is het ons dit goed gedink om die maand Paasbolletjies te maak met rosyne uit die Benede Oranjerivier streek. Hierdie Suid-Afrikaanse tafeldruifproduksiestreek, Benede Oranje,  is geleë ongeveer by 28° Suid en strek 450 km langs die Oranjerivier, van Groblershoop in die ooste tot by Klein Pella in die verre weste.
Hierdie streek is, behalwe vir veeboedery, ook bekend vir sy uitvoer tafeldruiwe, uitvoer rosyne, wyndruiwe, pekanneute, katoen en ander gewasse wat langs die vrugbare oewer van die Oranjerivier geplant word.

Só maak jy...

Bestanddele:
• 500 g koekmeel
• 10 g kitsgids (pakkie)
• 5 g sout
• 15 ml gemengde speserye
• 15 ml fyn kaneel
• 250 ml warm melk
• 100 ml (90 g) gesmelte botter

Read more …PAASBOLLETJIES MET ROSYNE UIT DIE BENEDE ORANJERIVIER

Agri-Pulse-Vryburg – Wat eet ons vanaand?
Dit is `n algemene vraag en met die laaste skoolkwartaal van die jaar wat so te sê verby is, sien almal uit na `n blaaskansie.

Agri-Pulse sluit 2019 af met `n kuier by Riana Swanepoel van Kameelboom Lodge & Padstal buite Vryburg.
Riana, met behulp van die Lodge se handige sjef, Dyson Bato wys vir ons hoe om in `n japtrap `n heerlike Roosterkoek-burger aanmekaar te slaan. Met die somer wat behoorlik sy intrek kom neem het wil mens nie heeldag voor die warm stoof staan nie en is die dis ideaal.
Riana vertel dat sy van kleins af lief was vir die kombuis.
Sy het gedurende skoolvakansies saam met haar ouma voor die stoof deurgebring en van pannekoek, vetkoek en soveel meer geleer.
Later in haar skoolloopbaan het sy by die Hotelhoudingklas aangesluit waar sy na hartelus kon bak en brou.
Riana is ook in dié omgewing bekend vir die heerlike Lasagnes en ander geregte wat sy op aanvraag maak.

Read more …KALAHARI ROOSTERKOEK-BURGERS

Tot relatief onlangs was Suid-Afrikaners nog maar taamlik onbekend met bloubessies – ‘n vrugtebessielekkerny wat die afgelope ses tot agt jaar ‘n groot oplewing in Suid-Afrika beleef het. Tans (November) is dit feitlik die hoogtepunt van die jaarlikse bloubessieseisoen en daar is nie ‘n einde aan die rits gebruike met bloubessies nie.
Ja, teen hierdie tyd is die meeste mense lankal bekend met bloubessieterte, bloubessie-kaaskoek en bloubessiepoedings in ‘n verskeidenheid weergawes. 

Met Rustenburg Herald se landbou-artikel oor Alicedale Berries in die sprokiesagtige Buffelspoortvallei in ons AgriPulse van verlede week, kon ons dit nie verhelp om die stroopsoet stoute skoene aan te trek nie en met die geheime van die bloubessie te eksperimenteer nie.

Read more …BLOUBESSIE-MUFFINS – ‘n BLOUBLOED-LEKKERNY!

Elsje Wilken is bekend as ‘n bakker van formaat in Klerksdorp en van haar gebak is by verskillende koffiewinkels en restaurante op die spyskaart. Sy bak onder die naam Delicious Delights en bak daagliks byna 20 koeke. Sy leef haar passie uit in bak en kosmaak. Hierdie kaaskoek is heerlik.

Framboos Kaaskoek

deur Elsje Wilken

Bestanddele:
• ¼ k suiker
• 3 roomkaas hourtjies
• 1 eierwit
• 1 k frambose

Read more …FRAMBOOS KAASKOEK

A great idea for lunch boxes. Inge Wilken from Klerksdorp bakes these muffins regularly when she has over ripe bananas in the fruit basket. The muffins freeze well, just place cooled muffins in a freezer ziplock bag and use when needed

CHOCOLATE BANANA MUFFINS
By Inge Wilken

Ingredients
• 1 ½ Cups all-purpose flour
• 3 very ripe bananas - smashed
• 2 table spoons yoghurt (any flavour)
• 1 Egg
• ¾ Cup sugar

Read more …CHOCOLATE BANANA MUFFINS

Ja, vir die tweede keer vanjaar sal sommige van ons lesers seker wonder oor ons hier by “Raak die ‘klits’ kwyt” se prioriteite omdat ons in hierdie tyd waarin baie mense na die “vergrype” van die kersreses nog op dieet is, koekresepte aan ons lesers opdis. Hierdie week deel ons ‘n absolute wenresep vir die immergewilde Rooifluweelkoek. Ons baas-bakster (inderdaad) is Catharina Lourens – wenner van die tweede plek in ‘n koekbakkompetisie in die Paul Bodensteinpark laat verlede jaar waarin prysgeld van R3 000 op die spel was. Ook maar goed Catharina het nie hierdie Rooifluweelkoek vir die kompetisie ingeskryf nie – anders was die gort dalk gaar. Nietemin – as jy ‘n romerige, wonderlekker koek vir enige geleentheid nodig het, hoef jy nie verder te soek nie – hierdie is ‘n wenresep in die ware sin van die woord. Catharina maak dit so: 

Read more …FLUWEELROOI VIR DIE LIEFDESMAAND

‘n Bakkompetisie waarin ‘n kontantprys van R3 000 vir die beste sjokoladekoek op die spel was, het kort voor “sluitingstyd” verlede jaar groot belangstelling onder Rustenburgers ontlok. Mense wat nou nog wonder wie die bakker was met die prysgeld weggestap het (en wat nie die betrokke uitgawe van Rustenburg Herald gesien het nie) – ontmoet gerus vir Annlerie Oosthuizen – oftewel Rustenburg se mees onlangse (en sekerlik jongste!) sjokoladekoekkampioen! Dit is duidelik dat Annlerie ‘n slag in die kombuis het. Sy het na skool ‘n sertifikaat en diploma by die Rustenburg Cooking Academy verwerf en daarna nog ‘n diploma in patisserie losgeslaan. Sy was in ‘n stadium deel van die span by Rustenburg se gewilde Melkstal maar het sedertdien by die Comminio Café by die NG Kerk Proteapark aangesluit. “Bak is nie regtig my eerste keuse nie, maar is beslis ‘n passie”, getuig Annlerie. Nouja, genoeg gepraat – Annlerie spring hier weg om vir ons te demonstreer hoe sy haar kampioen-sjokoladekoek gemaak het. 

Read more …KOEKBAK

Wat ‘n jaar – deesdae hoor mens dit van verskeie plekke en mense af. 2017 was beslis ‘n jaar wat baie van ons dalk nie 100% voorbereid was nie. Maar hoe berei jy jou voor vir dinge soos President Zuma se kabinetskommelry, die brandstofprys wat vinnig op pad R15 vir ‘n liter toe is en natuurlik die feit dat jy dalk nie miljoene met hierdie “Bitcoins” gaan maak nie (soos elke ou en sy ouma wat gekoop het toe die prys maar R14 000 was in die begin van die jaar).

Wel ons kan dalk nie vir jou sê hoe om voor te berei vir 2018 nie maar wat ons wel kan doen is om vir jou te vertel hoe jy 2017 op ‘n hoë noot kan afsluit: met ‘n besonderse koek – soet en lekker!

Ja hierdie week het Hedgehog’s Nest se Pieter Germishuys, sy assistent Sarel Cilliers en die beeldskone Mev Rustenburg 2017, Chantel Krause, ‘n smullekker kaaskoek met ‘n baie besonderse kroon vir die Rustenburg Herald voorberei (moet my net nie vra hoe om daardie deegpoffertjie-toring se naam uit te spreek nie asseblief).

Daardie toring is ‘n “Croquembouche” - 'n toring van choux-deegpoffertjies met karamel drade wat om dit gedraai word. Dit is die perfekte resep om jou familie hierdie kersseisoen te beïndruk. So waarvoor wag jy – gaan bak vir jou ‘n laaste koek vir 2017!

Read more …N SMULLEKKER KAASKOEK... MET ‘N BESONDERSE KROON