20
Mon, May

In hierdie uitgawe van “Raak die ‘klits’ kwyt het ons vir Rustenburgers sommer baie goeie nuus. Vir die van julle wat teen hierdie tyd nog nie ‘n vrugtekoek vir Kersfees gekoop het nie, is dit waarskynlik reeds neusie verby. Tradisioneel eet mense mos nie eintlik meer vrugtekoek na Nuwejaar nie en ‘n vrugtekoek is mos maar eintlik lekkerder as jy dit ‘n klompie weke of verkieslik ‘n maand of wat voor die tyd gemaak het en op die regte plek gebêre het sodat die nodige geure en vog met mekaar kan werk.

Maar voordat jy nou hier in die kerstyd verleë vir vriende en familie moet verduidelik waarom jy nie vrugtekoek het nie, maak dan maar liewer jou eie - en as dit jou eerste probeerslag is, moet nie bekommerd wees nie... Hester Kritzinger van die Vrouelandbou-unie se Koster-tak het ‘n maklike, eenvoudige vrugtekoekresep wat ‘n mens sommer in die mikrogolfoond kan aanslaan - spaar jou baie tyd en moeite en jy sal verbaas wees hoe lekker dit is... Hester se resep is soos volg:

Read more …HESTER SE HEERLIKE MIKROGOLF-VRUGTEKOEK

Met die opwinding van die Olimpiese Spele in die lug is daar sommer nog baie om oor die volgende week of wat na uit te sien. Dis darem wonderlik om te sien watter verskeidenheid sportsoorte daar nou al by die spele te sien is. As daar eendag in die toekoms dalk 'n medalje vir 'n lekker koek of iets soortgelyk op die spel sou wees, kon Jolene Fourie van Rustenburg Herald se lemoenkoek dalk 'n finalis wees.
Bak vir jou gesin hierdie heerlike koek vir 'n "aptytwekkertjie" so kort voor die atletiekprogram se hoogtepunte hierdie naweek aanbreek.
Vir sommige mense dalk 'n bietjie aan die soet kant, maar propvol vitamine C!

Read more …HEERLIKE LEMOENKOEK

Groot opwindinding het onlangs by die Waterfall Mall geheers toe ‘n koekversieringskompetisie met “Alice in Wonderland” as tema aangebied is en Rustenburg se baasbaksters en koekkunstenaars het nie op hulle laat wag nie. Rustenburgers en besoekers aan die Waterfall Mall het behoorlik na die asems gesnak by aanskoue van hierdie “kunswerke” - dit is moeilik om te dink dat daar soveel mense met wonderlike talent in ons pragtige stad is.

Vir hierdie uitgawe van “Raak die ‘klits’ kwyt” het ons by Danelle Cresswell, voorsitter van Rustenburg se Suikerbekkies Suikergild gaan kers opsteek. Danelle verduidelik vir ons hoe om ‘n pragtige koek op ‘n spesiale manier te “versier”
Koekversiering – Als Behalwe Uit Die Oude Doos

Danksy verskeie TV programme en celebrity bakkers, het koekversiering teruggekeer as een van die populêrste stokpertjies. Weg is die dae van spierwit oorgetrekte vrugtekoeke met formele blomruikers – nou is dit kleurvol, topsy-turvy, replikas van gunsteling karakters, plekke of films, en soms net pleinweg swaartekrag tartend.

Gelukkig vir `n stokperdjie bakker, is meeste van die tegnieke eintlik so eenvoudig dat enige iemand, met `n bietjie oefening, soos `n meester kan lyk! Hier is `n paar riglyne om self die volgende treffer op die koektafel te maak.

Read more …FONDANT

Noudat die strengste inperkings van Covid-19 wat kuier en braaivleis verbied, blyk om binnekort opgehef te word, is dit ‘n goeie idee om solank jou spyskaart vir jou eerste sosiale kuier te begin beplan. In hierdie uitgawe bring ons vir jou met groot vrymoedigheid die geheime van sekerlik een van die lekkerste bederfies waaraan ons nog gesmul het, sover dit die holkol in die soettand betref. Al gehoor van ‘n suurlemoenkaaskoek? Kom ons hou jou nie vir ‘n oomblik langer aan ‘n lyntjie nie.
(Terloops – hierdie kaaskoek is so watertandlekker, jy sal nie eers teleurgesteld wees as die Covid-inperkings toe nie opgehef word nie en jou gaste uiteindelik nooit opdaag nie!)

Bestanddele:

1 pakkie Mariebeskuitjies (gekrummel)
80 g (1/3 koppie) botter, gesmelt

Read more …DIE LEKKERSTE KAASKOEK OOIT!

In ons “Raak die ‘klits’ kwyt van verlede week het ons vertel hoe ons vir die eerste keer by ‘n groepie vriendelike dames op ons buurdorp Brits gaan besoek aflê het en al te lekker bederf is. Die kuier vorm die afgelope bykans ses maande al deel van ons huidige reeks kos-, eet-, kuier- en kosmaakartikels met voorslagdames van die Vrouelandbou-unie se Platinastreek. Die reeks word vir ons deur Pam van Rensburg - voorsitter van die Platinastreek gekoördineer en ons is werklik dankbaar, wat nog nooit voorheen het ons kookartikels met soveel gesag aan die kombuisdeur geklop nie.

Ons het verlede week ook vertel dat die dames van Brits inderdaad ‘n klompie voorslagvroue is vir wat blykbaar lankal reeds besef het dat die pad na ‘n man se hart deur sy maag loop. Baie mense sê hierdie is ‘n ouvrou-storie - ek wonder darem... Elk geval - vandeesweek - net soos verlede week is ‘n absolute hoogtepunt...

Denise Swanepoel het vir ons vir hierdie kooksessie sommer twee “disse” gemaak waarvan ons die eerste hierdie week “behandel”. En “behandel” het ons goed - soos enige persoon ongetwyfeld sal doen wat se paaie sou kruis met hierdie wonderlike Baklava-kaaskoek. Ja, jy het reg gelees. As jy nog altyd ‘n onvergelykbaar-lekker kaaskoek wou maak, trek gou die skryfgoed nader - ‘n beter voorbeeld as hierdie een van Denise sal jy kwalik kry... Kaaskoek kry ‘n mens omtrent oral en in omtrent in alle geure en smake - Baklava het ‘n Griekse oorsprong en hierdie twee is ‘n kombinasie wat baie moeilik geklop kan word. Denise maak dit so...

Read more …DENISE SE BAKLAVA - KAASKOEK

Vir Rustenburg Herald se “Raak die ‘klits’ kwyt”-kookspan het dit amper ‘n jaar geduur voordat ons uiteindelik vir Christine Hoogdendoorn van die Vrouelandbou-uniei se Mosaiëk-tak in die kombuis en om ‘n tafel vasgepen kon kry sodat sy vir ons kon wys hoe ‘n mens die sogenaamde “skuinskoek” “bak” - of moet ons liewer sê “kook”? En ja, ons skroom nie om te sê dat die wag ongetwyfeld die moeite werd was nie - skuinskoek is regtig ‘n baie, baie lekker happie en ons was al te aangenaam verras met dit wat ons in ons bordjies gekry het. Die naam “skuinskoek” veronderstel seker maar dat ‘n mens ‘n ding soos konvensionele koek in jou bordjie verwag? Seker maar net omdat ‘n mens dit nie ken nie - as iemand sou sê vetkoek - sou almal onmiddellik weet wat ons bedoel... 
Nouja, hierdie week was daar vir Christine geen wegkomkans nie en was ons nie aangenaam verras nie? As ons nou in ons beskeidenheid moet verduidelik wat skuinskoek is, sal die beste verduideliking wees om te sê dat dit presies in die middel van vetkoek en koeksisters is. Dieselfde tekstuur as vetkoek en amper dieselfde struktuur as koeksister. ‘n Bietjie (heelwat?) soeter as vetkoek maar darem nie naastenby so soet soos koeksister nie. Maar dit het iets in gemeen met beide vetkoek en koeksister - dit is werklik baie, baie lekker en ‘n mens sukkel maar om met net een, twee, of drie in jou bordjie tevrede te wees. Trouens, ‘n mens kan heelwat meer skuinskoek as koeksisters in jou bordjie sit en daar sal seer sekerlik nie een oorbly nie...

Read more …CHRISTINE HOOGENDOORN SE SKUINSKOEK - ‘N KAROO-BEDERF

In verlede week se “kook” het ‘n jong kannetjie wat voorwaar sy eie (en boonop heerlike) sjokoladekoek bak, baie van ons geïnspireer om die flukse handskoene aan te trek en in die kombuis doenig te raak. Wat is dan nou lekkerder om die gesin met ‘n vars baksel beskuit, ‘n heerlike tert of dalk die jongste baksensasie in die kookboek te verras? Des te meer as daar ‘n heerlike, luilekker naweek is waarna uitgesien kan word. 
Naweke en lekker lang vakansies moet verkieslik egter nie die enigste tye wees dat ons voorslagdames die resepteboeke begin deurblaai en iets wonderliks in die kombuis “opklits” nie. Onthou – daar is baie spesiale geleenthede soos Vadersdag, (Moedersdag ook pappas) en natuurlik die kleingoed se verjaarsdae wat ‘n opregte poging regverdig! Niemand hoef enige ma te vertel nie dat ‘n tuisgebakte verjaarsdagkoek en ‘n paar ekstra versnaperings vir Boeta of Sus aansienlik meer sal beteken as ‘n koek wat êrens oor ‘n toonbank gekoop is. (Met apologie aan ons tuisnywerhede en soortgelyke instansies – ons besef dat nie almal die tyd, die ywer en die vaardighede het om wonderwerke in die kombuis ‘n alledaagse verskynsel te maak nie). 
Maar nouja, genoeg gepraat en nou is dit tyd vir aksie. Twee mammas wys vandeesweek vir ons hoe om ‘n baksel pragtige kolwyntjies op te tower – hierdie kolwyntjies is sonder twyfel pragtig genoeg vir ‘n koninklike banket (hoewel die kleur in hierdie geval waarskynlik meer by ‘n jong prinsessie as ‘n prinsie byval sal vind. Hoe dit ook al sy – Aspoestertjie kan haar enigste skoentjie agterna gooi vir ‘n spoggerige baksel “cup cakes” soos hierdie. 
Irma Fourie en Lavonne van Rooyen is ons twee baasbaksters en die metode is soos volg:

Read more …PRENTJIEMOOI KOLWYNTJIES

Christene Botes is ‘n bobaasbakker in Klerksdorp. Sy het in die Karoor grootgeworden verbruikerstudies aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Haar goue bakwenk is om bakpapier in jou koekpanne te gebruik. Hierdie koek is heerlik dekadent.

Read more …PISTACHIO EN APPELKOEK

Marinda du Plessis se hande staan vir niks verkeerd nie. Sy het vir langer as 20 jaar by Klerksdorp Rekord gewerk en die personeel gereeld met haar heerlike gebak verras. Sy hou van tuinmaak, naaldwerk en is ‘n ywerige doen-dit-selfer. Haar resepte is vinnig, maklik en flatervry.

Deur Marinda du Plessis

Muffins:

• 500g Snowflake easy mix (sjokolade)
• 150ml kookolie • 2 eiers
Versiering:
• 1 Blik gekookte kondensmelk
• 450ml Versiersuiker
• 150ml-200ml Margarien (Sag)
• 30ml Kakao

Read more …DEATH BY CHOCOLATE MUFFINS