In die koue wintermaande is pasteie baie gewild en gelukkig vir die kosmakers is daar in Suid-Afrika sommer ‘n hele rits om van te kies. Ons het onlangs vir ons lesers gewys hoe om die immergewilde herderspastei te maak. Vandeesweek maak ons ‘n nuwe variasie – al gehoor van ‘n “Dixie Pie?” Wel – ‘n Dixie-pastei is een van talle spesialiteite by die Barrel & Bull – die voormalige Keg & Bull by die Safarituine-inkoopsentrum.
Stephan Schoeman is nie net die langste man in die hele vaatjie (Barrel) nie, hy is toevallig ook die man aan’t stuur van sake in die kombuis. In ons weermagdae het is die “pannetjies/kastrolletjies waarmee ons in die bos moes kosmaak, ‘n “Dixie” genoem. Wat ons onmiddellik hier kan opmerk is dat die Barrel & Bull se Dixie-pastei die groot weermag-dixie met gemak sal vol lê…