06
Fri, Jun

Nouja, na seker omtrent 18 maande se heerlike kuiers en koke met VLU-dames van die Platinastreek kom Rustenburg Herald se “Raak die ‘klits’ kwyt-reeks oor ‘n week aan die einde van sekerlik die suksesvolste kosmaakreeks nog in ons geskiedenis. Dié wonderlike reeks lekkerste lekkers en soms sommer net egte boerekos en lekkernye kom uit die kombuis van vroue van Brits in die noorde tot Groot-Marico en Zeerust in die weste - almal lede van Noordwes se Platinstreek. Die reeks is vir ons gekoördineer deur Pam van Rensburg, voormalige voorsitter van die Platinastreek en nou president van Noordwes - Rustenburg Herald bedank alle ywerige en gasvrye dames en hul mans wat ons gul ontvang en hul kombuisgeheime met ons gedeel het. Ons kan julle die versekering gee dat ons lesers groot aanklank gevind het by dié reeks.

Read more …VLU RECIPE: FRANCIS LIEBEL SE GEKRUMMELDE MOSTERTTONG

Toe ons nog baie maande gelede baie hard besig was met die reeks oor VLU-dames van die Platinatreek, was die ene “Bets Thomas” van die Marikana-tak ook op ons lys ievan dames by wie ons moes gaan “kuier”. In VLU-kringe is Bets daarvoor bekend dat sy die heerlikste Kerrie-frikkadelle in die hele omgewing maak. Maar telkens het dit geblyk of Bets en ons presies dieselfde druk program gehad het en ons kon net nooit daarin slaag om ‘n plekkie en ‘n tyd “vas te maak” wat ons albei gepas het nie. Ja, ons het toe maar moed opgegee...

Read more …VLU RECIPES: RAAK DIE ‘KLITS’ KWYT! BETS THOMAS SE LEKKERSTE KERRIE-FRIKKADELLE

Daar is min dinge só eg Suid-Afrikaans soos ‘n ‘bunny chow’. Die ikoniese gereg is, volgens dié wat weet, geskep in die strate van Durban waar ‘Banias’ - Indiër straatkosverkopers – plan moes maak omdat hul nie wegneemete-houers kon bekostig nie. 

Só het hulle toe begin om brood uit te hol, en hul geurige kerriebredie daarin te bedien. Maar, wees gewaarsku, ‘n bunny chow is nie die gereg om te kies as jy net ‘n ou effense hol kolletjie op die maag het nie; o nee, dié kalorie-intensiewe dis is vir wanneer jy behoorlik honger is. Dis nie ‘n ingewikkelde gereg nie – die grootste besluit wat jy gaan moet neem, is of jy beesvleis, lamsvleis, hoender of net groente gaan gebruik.

Read more …SO BIETJIE ‘DURBS’ ONDER DIE MAGALIESBERG

Na ‘n yskoue twee weke is die meeste Rustenburgers sekerlik soos ons hier baie bly dat die son sy draai gekry het en dat ons darem weer ‘n paar lekker “warm” sonnige dae het sonder dat ‘n yskoue wind deur die bome (en die bene) sny… Maar ja, die aande is dalk nog ‘n bietjie koel om buite vuur te maak, so vir nog ‘n paar weke is dit waarskynlik nie die regte tyd om jou vriende vir ‘n braai te nooi nie.

Read more …ROMERIGE BIEF-GOULASH

In hierdie week se uitgawe van “Raak die ‘klits’ kwyt” het “ons” ‘n heel besondere en oorspronklike lekkerny op die spyskaart. Onthou julle die twee oulike dames van Refinement Clinic wat onlangs in die Herald was met hulle Mandeladag-projek toe hulle met gesofistikeerde apparaat vir vroeë tekens van kanker op die uitkyk was? Wel, vandeesweek is Annabel Snyman en Kushcé Niemand terug op hul pos – maar hierdie keer met die resepteboek, voorskote en bakpoeier. Al gehoor van ‘n “Wammy” – ‘n hamburger (“hammy”) met ‘n wafel-“bun” instede van die konvensionele broodjie. Dit is absoluut heerlik maar ook pure gesondheid, so lig die glasies – ons maak dit so!

Read more …REFINEMENT SE “HEALTHY WAMMY”

Ons mag nou wel nog nie saam kuier nie, maar kuierkos is nèt die ding om mens solank in die regte luim te kry vir wanneer vriende weer oor jou drumpel kan kom. Die twee vriende wat diè week vir die Tambotiekombuis kook, is Joe Hurter en Jan Haroldt van die Midnight Groep. Diè twee manne hou daarvan om hul gaste met lekker, onopgesmukte kos te trakteer.
Diè week maak hulle ‘n kaasburger, asook ‘n regte kuierstaatmaker, ‘n mengelmandjie. En dan ook, sommer net vir die lekker, gekruide Hoender-‘strips’.

Read more …PEUSEL-PEUSEL KUIERKOS

‘n Slim ou met bewese agtergrond in die sakewêreld het by geleentheid gesê as jy wil seker maak dat jy altyd ‘n broodjie sal hê om te eet of dat daar altyd ‘n aanvraag na jou dienste sal wees, moet jy in die kosbedryf wees…

Vandag is daar seker baie suksesvolle mense wat hierdie stelling kan beaam. Maar ons kan nie help om te wonder of daar nie maar ook net soveel mense is wat kan aanvoer dat die kosbedryf en veral die restaurant- en hotelwese ‘n ondankbare en wispelturige “baas” is wat dikwels nie sy beloftes nakom nie en telkens ‘n neiging openbaar om mense teleur te stel.
Vir Nelia Lewis en haar span by Peglerae Kafee (ja die restaurant by Peglerae-hospitaal) is elke dag veeleisend, dog vol variasie en waarskynlik meer van ‘n roeping as bloot ‘n lekker manier om ‘n inkomste te verdien…

Read more …PEGLERAE SE MONSTER-BIEFTOEBROODJIE EN SKYFIES

Nouja mense, die ouens wat nie vandeesweek met vakansie is nie, het seker nie ‘n “werk” nie - of met apologie aan al ons ywerige tuisteskeppers en natuurlik die mense wat inderdaad ‘n werk het, maar nie so gelukkig soos derduisende ander Suid-Afrikaners is as om die volgende klompie dae - veral die spesiale feesdae - te midde van ‘n heerlike vakansiestemming, te ontspan nie. Aan diégene gee ons graag ‘n bietjie erkenning en aanmoediging deur te sê - “sommige mense moet seker maar werk om te sorg dat die land darem aan die gang bly...?” Sterkte dus aan dié manne en vroue wat in hierdie wonderlike vakansieseisoen vroeg opstaan of laat gaan lê om die ratte van die nywerheid ge-olie en aan die rol te hou... Maar vir die res van ons - wel ja, - dit is vakansietyd en dit is nou nie altemit nie, soos die oumense gesê het...

Read more …MEV RUSTENBURG SE ELSA EN MELISSA MAAK REGTE VAKANSIEKOS...

Rustenburgers wat daarvan hou om die vingers op die pols van die oond, die resepteboek en kombuissake te hou, sal waarskynlik lankal reeds gehoor het van Pamela Mostert, ‘n relatiewe nuwe inwoner van Rustenburg en iemand wat die afgelope nagenoeg twee dekades in ‘n ware kosmaakguru ontwikkel het… Uiteraard is Pamela ‘n groot aanwins vir Rustenburg!

Read more …MAALVLEISROL

Daar is ‘n episode van die gewilde Amerikaanse situasiekomedie (ook bekend as ‘n sitcom), ‘How I Met Your Mother’, waartydens die karakters van hierdie storie die hele New York deur reis op soek na wat beskryf word as die perfekte burger. Elke keer kry hul iets soortgelyks maar tog is daar net daardie besonderse burger wat bo die res uitstaan.
Selfs in hierdie afdeling van die Rustenburg Herald is daar ook al in die verlede gesoek na die perfekte toebroodjie.
Hierdie einste korrespondent het ook al ‘n soortgelyke gereg op die proef gestel en (tot onlangs) homself oortuig dat hy die beste burger in Rustenburg kan maak. Dit is, totdat hy hierdie week se resep geproe het – ‘n toebroodjie soos min, ‘n burger in ‘n klas van sy eie!

Read more …LUNEL SE KAAS- EN BEESFILET-GEVULDE ‘BAGUETTE’- ‘N BURGER IN ‘N KLAS VAN SY EIE

Met die betreklik goeie verteenwoordiging van die Indiër-gemeenskap in Suid-Afrika en in besonder ook Rustenburg, het verskeie tradisionele Indiërgeregte deur die jare 'n gunsteling onder alle Suid-Afrikaners geword. Dit is vir niemand meer nuus dat die lof van kerrie, borrie en ander "warm goed" uit die Indiër-kultuur sommer baie gereeld in kos- en kookprogramme op televisie en radio besing word nie. Wat is nou lekkerder as kerrie-en-rys as die windjie daar buite geniepsig is en 'n mens se maag hongerpyne kry?

Read more …KERRIEVLEIS EN PITABROODGEREG

Of jy nou daarmee grootgeword het (soos ek) of nie - maar vandeesweek maak ons regte smulkos! Dit is darem maar snaaks hoe 'n kind se kop soms werk? Ek onthou goed toe ek nog 'n jong laerskoolseun in ons huis was. Ek was die jongste "spruit" in die huis en natuurlik het my mening of opinie die minste saakgemaak. Ai - ek onthou goed, as 'n opgeskote knaap was ek glad nie lief vir vleis nie - ek kon dus nooit die hele gedoente rondom braaivleis kleinkry nie. Ja, van die aartappelslaai het ek baie gehou. Ook van die braaibroodjies, maar nee, net 'n baie klein stukkie vleis asseblief! 
(In min of meer dieselfde tyd, het ek ook geleer om "groot agting" vir 'n tante van my se sjokoladekoek te hê. My moeder het selde koek gebak want pa was 'n "suurknol" wat nie veel ooghare vir soetgoed gehad het nie. So, tante So-en-So se gebak was vir my heerlik. Totdat my verstandtande op 'n goeie dag heeltemal uitgegroei was en ek 'n wonderlike ding soos kerriefrikkadelle raakgeloop het.

Read more …KERRIEFRIKKADELLE SOOS OUMA DIT GEMAAK HET