20
Mon, May

Rustenburg’s ice cold/freezing winter nights are probably shouting for something hot/something new/something easy or something delicious to treat your family and to help them forget the awfulness of the winter of 2018. Then again there are those who don’t mind the winter at all but who love a surprise on the dining table.
Here’s how Pieter Germishuys and his team at the Hedgehog’s Nest Culinary Institute prepare pan-grilled chicken breast fillets in an Indian Korma sauce with coriander, toasted almonds and Naan bread. (Korma is a deliciously creamy sauce with desiccated coconut and a delicately balanced blend of authentic spices with ginger, slight chili and coriander).

Read more …PAN-GRILLED CHICKEN BREAST FILLETS IN AN INDIAN KORMA SAUCE WITH CORIANDER, TOASTED ALMONDS AND...

My ma se hoenderpastei was my hele lewe lank die middelpunt van spesiale geleenthede.
Verjaarsdagvieringe was volmaak met die lieflike geure en die goudbruin kors van daardie pastei. ‘n Kerstafel was nie volledig sonder ma Anna se hoenderpastei nie en Nuwejaar sou beslis minder voorspoedig gewees het indien die pastei nie vir ete op die tafel was nie.
My ma het nooit dié resep neergeskryf nie, gevolglik, na haar dood, moes ek talle probeerslae uitvoer – sommige met meer sukses as ander.
Na deeglike ‘trial and error’ dink ek ek het by ‘n gereg uitgekom wat byna by hare sou kon kers vashou.

Read more …‘N PASTEI SOOS WAT MA GEMAAK HET

Ons reeks met VLU-dames in die Platinastreek van die Vrouelandbou-unie begin so stadig maar seker einde se kant toe staan en ‘n mens wonder of jy ooit daarin sal slaag om al die beste, lekkerste en mees tradisionele Suid-Afrikaanse resepte en disse met ons lesers te deel en hulle sodoende te help om ‘n stukkie van hierdie kultuurskat vir hul kinders te bewaar. Vandeesweek ‘n interessante storie... Marelize Church van Rustenburg is in baie kringe bekend - eiendomme, sakevrou, spyseniering en ja - tot van gholf kan jy haar min vertel. Marelize is die vierde van vyf kinders en het as “hotelkind” op die dorpie Alice in die Oos-Kaap grootgeword. Marelize se ouers het albei die hotelle op dié dorpie besit en die kinders moes van kleins af leer om gereeld maar veral naweke en vakansies ‘n bietjie handjie by te sit. So ja, van kos maak kan jy Marelize ook nie veel vertel nie. Sy het onlangs ‘n lid van die VLU geword.

Read more …MARELIZE SE HOENDERPASTEI (EN SOMERSLAAI)

Die afgelope twee weke het ons gesorg dat ons mense ‘n bietjie meer gesond eet en darem so af en toe die waarde van goeie groente en vrugte in byvoorbeeld ‘n gesonde slaai besef. Nee, ons oumas was reg - dit is belangrik dat ons die groente op ons bordjies eet en dit hoef glad nie so moeilik te wees om dit te geniet nie. Ja, ‘n regtige lekker slaai is darem ‘n bietjie makliker om van te hou en te maak hoor!

Read more …LYNETTE SE SAMPIOEN-GEVULDE HOENDERBORSIES EN GESONDE SLAAI

In die koue wintermaande is pasteie baie gewild en gelukkig vir die kosmakers is daar in Suid-Afrika sommer ‘n hele rits om van te kies. Ons het onlangs vir ons lesers gewys hoe om die immergewilde herderspastei te maak. Vandeesweek maak ons ‘n nuwe variasie – al gehoor van ‘n “Dixie Pie?” Wel – ‘n Dixie-pastei is een van talle spesialiteite by die Barrel & Bull – die voormalige Keg & Bull by die Safarituine-inkoopsentrum.

Stephan Schoeman is nie net die langste man in die hele vaatjie (Barrel) nie, hy is toevallig ook die man aan’t stuur van sake in die kombuis. In ons weermagdae het is die “pannetjies/kastrolletjies waarmee ons in die bos moes kosmaak, ‘n “Dixie” genoem. Wat ons onmiddellik hier kan opmerk is dat die Barrel & Bull se Dixie-pastei die groot weermag-dixie met gemak sal vol lê…

Read more …KOM ROL UIT BARREL & BULL SE VAATJIE EN SMUL AAN BEKOSTIGBARE ETES

Vandeesweek - 'n voortsetting van ons reeks oor etnies/kultureel-tradisionele resepte/disse en steeds in die styl van aansienlik meer besadig na die oordadigheid van die afgelope Desember-feesseisoen en luilekker skoolvakansie. Of dit kos, lekker drinkgoed, lekkergoed, nageregte of sommer net sjokolade was - oor die afgelope vakansie is als mos maar oordoen - so ja, vandeesweek is ons nog steeds op dieet en ons sjefs en kokke bly maar laag lê. By Rustenburg se "nuwe" Proviant-restaurant waar die heerlikste boerekos en tradisionele geregte bedien word, kry ons vandeesweek hierdie lekker eenvoudige hoenderlewer-resep.

Onder alle kulture tel hoenderlewer as "tradisioneel" maar het jy geweet dat dit eintlik 'n Engelse fynproewershappie is? Die hoofbestanddele is eenvoudige fyngekapte uie en mooi skoongemaakte hoenderlewertjies in blokkies/repies gesny. Die uie gee 'n bietjie geur en breek die metaalagtige smaak van lewer so 'n bietjie.

Read more …HOENDERLEWERTJIES VIR DIE FYNPROEWER

Rustenburg Herald se kookspan het onlangs by die Viljoen-familie op Olifantsnek ingeloer waar Joe en Mariëtte se twee pragtige dogters (Nia en Jenni) onderskeidelik vir ons ‘n geurige hoendergereg en ‘n fantastiese heuningkoek voorgesit het.
By sommige mense kuier ‘n mens net eenvoudig lekkerder en dit is bemoedigend om in vandag se onsekere en moeilike tye ‘n spontane, vriendelike en dolgelukkige gesin te sien.
Ons kuiertjie was bestem vir die volgende aflewering in ons reeks “Raak die ‘klits’ kwyt” en ons het behoorlik baljaar tussen al die heerlike eetgoed.
Vandeesweek val ons weg met Nia se maklike maar heerlike hoendergereg wat sommer in ‘n japtrap afgerond word.
Nia het dit só gedoen:

Read more …HOENDER A LA NIA

Baie van ons se herinneringe aan kersfees is in die kos wat op die tafel was, geanker. My kersfees-onthou is van snikhete karoodae met yskoue waatlemoen, regte-egte tuisgemaakte gemmerbier, koue skaapboudsnye en gestolde wortelslaai. Buite op die stoep was tafels mooi gedek en op die gras het ons kinders deur die spreier gehardloop en mekaar met waatlemoenskille gesmeer. Daar was baie gelag en gesels en gespeel en die geskenke onder die boom was bykans ‘n bysaak – die kuier saam met ooms en tannies en broers en susters was die hoofdoel van Desember. Deesdae is dinge nie meer so ongekompliseerd nie. Daar is soveel vereistes en verwagtinge dat die feesgety ‘n amperse mynveld geword het. Maar met dié week se kook deur Hedgehog’s Nest se Sjef Pieter Germishuys bring ons ‘n tikkie van kersfees soos dit móét wees terug – met lekker kos wat saamwees ‘n fees sal maak. In die meegaande video verduidelik Sjef Pieter hoe al die geregte wat op die bladsy vertoon word, voorberei word. Ons deel egter hier die resep vir die heerlike ‘ Coronation’-hoender, soos gemaak deur Hedgehog’s Nest Culinary Institute eerstejaarstudent, Marnus van Dyk.

Read more …DIE NOSTALGIE VAN KERSFEESKOS

Dit is Saterdagmiddag. Die rugby is aan en die Bokke loop voor (‘n mens mag droom...). Die vrou en kinders is honger en hul gaan nie tevrede wees met net ‘n ou, droë hoender “flatie” nie – hulle soek voeding. Dit en kom ons wees eerlik, daardie kitskos-hoender is deesdae so duur hul het hul eie #pricesmustfall op Twitter. Maar jy is die man in die huis en dit beteken jy moet sorg!

Vinnig kry jy ‘n hoendertjie in die hande (hopelik nie self gevang in die strate van Rustenburg nie) maar as daar een ding is wat vinnig ‘n Saterdagmiddag rugby-kykery belemmer is dit ‘n stukkie smaaklose hoender. Gelukkig is daar onlangs ‘n briljante deurbraak in die kosmaakindustrie gemaak en hierdie wonderlike stukkie tegnologie gaan jou Saterdag (en die Bokke) van die knersende tande van smaaklosheid red: die Ziplock-sakkie.
Hierdie eenvoudige stukkie plastiek kan vir ‘n verskeidenheid resepte gebruik word insluitende omelette, jou blomkool-rys (vir julle Banting-boffins), roomys en selfs steak (as jy dink om steak te stoom is ‘n aanvaarbare manier van vleisgaarmaak!). ‘n Handjie vol lekker bestanddele en die mikrogolfoond maak die Ziplock-sakkie die held van hierdie storie.
Danie Coetzer het hierdie week vir die Rustenburg Herald se “Rustenburg Herald raak die klits kwyt”-seksie ‘n baie lekker “Saterdagmiddag Rugby-Hoendertjie” voorberei. 

Read more …DANIE SE “SATERDAGMIDDAG RUGBY-HOENDERTJIE” ‘N WENRESEP!

Dit moet seker lekker wees om in ‘n skoonheidsalon te werk? Dink net aan elke dag se wonderwerke soos deesdae se sogenaamde “make-overs” wat jy in omtrent elke tweede tydskrif of TV-program raakloop. G’n mens kan tog anders as om goed te voel oor jouself as ‘n vaal, moë en moedelose vroutjie die een oomblik jou salon binnekom net om ‘n uur of twee later as ‘n beeldskone, gesofistikeerde dame by die deur uit te trippel nie... So ‘n bietjie “raakvat” hier en daar, die hare so ietwat deurmekaar woel en dan weer mooi “regskuif”, ‘n lekker ontspannende gesigbehandeling en dan net die regte tikkie grimering deur iemand wat presies weet hoe – dit maak darem maar ‘n reuse verskil aan ‘n vrou se voorkoms nie waar nie?

Of wel, dit is wat ons meen min of meer in ‘n skoonheidsalon gebeur, dalk verloop die storie heeltemal anders. Uiteindelik sien ons mans tog maar net die resultate en verreweg die meeste hiervan is aremrowend, of wat sê ons manne?

Read more …“CHICKEN A LA SALON LINDIE K”

As 'n "groterige" stad het Rustenburg vir jare al meer as genoeg restaurante en formele of informele eetplekke waar mense (al is dit net vir die etensuur) hul gejaagde roetines kan ontvlug en vir 'n verandering 'n ander spyskaart as dié by die huis onder oë kan kry. As daar een enkele pluspuntjie is van die resessie-agtige ekonomie van die afgelope paar jaar, is dit die inisiatief wat in mense na vore gekom het om gedaante te gee aan die sake-gestaltes wat elkeen van ons seker maar op een of ander manier het. Raasblaar
Lodge is 'n heerlike luilekker-kuierlekker restaurant, kuierplek en gastehuis sowat 25 km vanaf Rustenburg waarvan jy 'n prominente aantekening moet maak vir wanneer die "wanderlust" jou weer beetpak. As jy links of regs draai op die Kromrivier-pad net anderkant die ou Wigwam, is dit na 400 m aan jou linkerkant. Met ons eerste kuiertjie daar verlede week, het ons sommer 'n klompie bekende Rustenburgers raakgeloop wat sommer op gereelde basis uit hul gebaande Rustenburgse weë wegbreek om hier in 'n hartlike Bosveld-atmosfeer te kom ontspan. 

Read more …BOSVELD-GASVRYHEID BY RAASBLAAR LODGE

Ja, nou is dit sonder twyfel die begin van die feestyd en in baie huise en families begin ons voorslagkokke en onthalers om die spyskaarte noukeurig op te stel vir daardie spesiale klompie dae wanneer die hele familie en al die kroos bykemaar is. In hierdie tyd is dit vir mense regoor die wêreld tradisie om saam te eet en fees te vier soos mense deur eeue heen gedoen het. Terwyl daar mense is wat so bevoorreg is dat hulle geen koste hoef te ontsien om letterlik die beste voetjie (of is dit boudjie of ribbetjie?) voor te sit nie, is Suid-Afrikaners deesdae maar al te deeglik bewus van die stygende lewenskoste. Daar is werklik geen rede om oorboord te gaan as jy wil of moet onthaal nie en as jy 'n bietjie verbeelding gebruik, kan enige watertandmaaltyd steeds ekonomies wees.

Read more …BOEREKOS BLY BOBAAS EN HOENDERPASTEI ‘N GUNSTELING